‘Ek’s steeds die groot­jie wat hou van tuin­maak’

Beeld - - SPORT - – Reu­ters

Ans Bo­tha se ge­daan­te­ver­wis­se­ling van ’n 75-ja­ri­ge ou­ma­groot­jie wat koer oor haar 10 maan­de oue ag­ter­klein­seun, tot ’n su­pe­r­af­rig­ter wat een van at­le­tiek se blink­ste ster­re brei, is een van sport se merk­waar­di­ge ver­ha­le.

En wan­neer Way­de van Nie­kerk Sa­ter­dag vir die uit­dun­ne van die 400 m aan­tree by die Wê­reld­by­een­koms in Lon­den, sal hy nie­mand an­ders as dié “on­ge­loof­li­ke vrou” aan sy sy wil hê om hom raad te gee nie.

Bo­tha, of Tan­nie Ans soos sy al­om in Suid-A­fri­ka be­kend staan, het drie kin­ders, vyf klein­kin­ders en vyf ag­ter­klein­kin­ders. “O ja, ek’s ’n ou­ma­groot­jie – maar nie Way­de s’n nie!” het sy van­dees­week ge­sê toe sy oor die ou­der­doms­ga­ping van 50 jaar tus­sen haar en Van Nie­kerk uit­ge­vra is.

Van Nie­kerk sê hy terg sy Na­mi­bie­se men­tor oor sy so hard­kop­pig is en hom ou­tyd­se ky­ke gee oor sy blê­ren­de mu­siek. “Sy’s streng,” glim­lag Van Nie­kerk, maar hy laat dit dui­de­lik blyk dat hul ver­hou­ding op ’n grond­slag van ver­troue en we­der­syd­se re­spek ge­bou is.

Dié ven­noot­skap het vyf jaar ge­le­de be­gin toe Van Nie­kerk as Ko­v­sie-stu­dent in Bloem­fon­tein be­gin het en Bo­tha hom ge­vra het om by hul oe­fen­groep aan te sluit.

On­der haar lei­ding het Van Nie­kerk ver­le­de jaar in Rio de Ja­nei­ro die O­lim­pie­se goue me­dal­je in ’n nu­we wê­reld­re­kord­tyd van 43.03 se­kon­des ver­o­wer.

Hy het ook die eer­ste man ge­word wat die 400 in ’n tyd vin­ni­ger as 44 s, die 200 vin­ni­ger as 20 s én die 100 vin­ni­ger as 10 s af­ge­lê het. In Lon­den gaan hy poog om die eer­ste man se­dert Mi­cha­el John­son in 1995 te word wat ’n dub­be­le goue in die 200 en 400 be­haal.

Hoe­wel Van Nie­kerk die su­per­ster in haar oe­fen­groep is, sê Bo­tha al haar at­le­te kry die­self­de be­han­de­ling. “Daar is 32 van hul­le. Dis ’n uit­son­der­li­ke groep kin­ders,” het sy in ’n on­der­houd met Reu­ters ge­sê.

“Way­de hou daar­van om deel van dié groep te wees, want hul­le is soos ’n fa­mi­lie. Wan­neer Way­de op sy eie moet oe­fen, kla hy al­tyd dat hy een­saam is en eer­der die an­der at­le­te saam met hom daar sou wou hê.”

Van Nie­kerk se op­gang die af­ge­lo­pe twee jaar het wel ’n tol by Bo­tha ge­ëis. Sy er­ken dit was ’n kul­tuur­skok om s­kie­lik die mid­del­punt van so­veel me­di­a­be­lang­stel­ling te wees.

“Op 75-ja­ri­ge ou­der­dom was dit nog­al ’n moei­li­ke er­va­ring. Dis fi­siek ook veel­ei­send, maar ek ge­niet dit.

“Ek het nie as per­soon ver­an­der nie. Ek is steeds die ou­ma­groot­jie wat hou van tuin­maak.”

So, wat ver­kies dié tyd­lo­se Bo­tha – om die vol­maak­te af­rig­ter of die vol­maak­te ou­ma­groot­jie te wees?

“’n Bie­tjie van al­bei. Wan­neer ek die kans kry om saam met my fa­mi­lie te kui­er, pro­beer ek dit ge­hal­te­tyd maak. Maar wan­neer ek be­sig is om af te rig, het ek net een ding op die brein,” sê sy met ’n von­kel in haar oë.

Fo­to: ARGIEF

Way­de van Nie­kerk en sy 75­ja­ri­ge af­rig­ter, Ans Bo­tha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.