Ke­vin ver­speel by­na sy kan­se teen T­hiem

Beeld - - SPORT - – Reu­ters

Die Suid­A­fri­ka­ner Ke­vin An­der­son (31) het twee wed­stryd­pun­te ver­mors voor­dat hy die eer­ste ge­keur­de Do­mi­nic T­hiem in drie stel­le in die Ci­ti Ope in Washing­ton kon klop.

Dit was eer­gis­ter am­per mid­der­nag (VSA tyd) toe die 15de ge­keur­de An­der­son met sy 21ste kis­hou met 6­3, 6­7(6), 7­6(7) ge­wen het.

In ’n wed­stryd van uit­staan­de ge­hal­te het dit ge­lyk of An­der­son sy kan­se ver­speel het, maar hy het hom reg­ge­ruk en het ’n wed­stryd­punt teen hom oor­leef in die be­slis­sen­de val­by­l­pot. Sy krag­spel is i­de­aal vir die glad­de baan­op­per­vlak, wat nie­amp­te­lik vin­ni­ger ge­meet is as Wim­ble­don en die Aus­tra­lie­se Ope.

“Ek het ge­voel as­of ek dit in die twee­de stel in die sak­kie ge­had het, maar ek het pro­beer om so po­si­tief as moont­lik te bly,” sê An­der­son.

“Ek was twee breek­pun­te ag­ter in die der­de stel, maar ek het aan­hou ba­klei.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.