Pro­te­as loop op­draand

Maar SA kan glim­lag

Beeld - - SPORT - Al­tus Mom­berg

Suid-A­fri­ka se bou­lers het bit­ter hard ge­werk op die eer­ste dag van die laas­te krie­ket­toets teen En­ge­land, maar dit was die moei­te werd.

Aan die ein­de van ’n lang dag was Suid-A­fri­ka se kan­se om dié toets in Man­ches­ter te wen én die reeks ge­lyk­op te laat ein­dig, nog le­wend.

Dit is mis­kien die bes­te wat ’n mens kan sê op ’n dag waar bit­ter min reg ver­loop het vir die Pro­te­as.

En toe, in die voor­laas­te boul­beurt, was daar re­de om te glim­lag. Ka­gi­so Ra­ba­da (2/52) het met sy laas­te bal van die dag Ben S­to­kes (58) se mid­del­pen ont­wor­tel.

En­ge­land het 260/6 met uit­skei­tyd be­reik.

Die dag kon nie sleg­ter vir die Suid-A­fri­ka­ners be­gin het nie. Ver­non P­hi­lan­der en Chris Mor­ris moes hul­le al­bei weens rug­be­se­rings ont­trek.

Dit het nie net be­te­ken dat die be­soe­kers twee ver­an­de­rin­ge moes aan­bring nie, maar ook die ba­lans van die span moes ver­an­der.

T­heu­nis de Bruyn en Du­an­ne O­li­vier (2/72) was die man­ne wat speel­kans ge­kry het. Ge­volg­lik moes die Pro­te­as die wed­stryd met se­we kol­wers en net vier spe­si­a­lis­bou­lers be­gin.

Die Pro­te­as het voor mid­dag­e­te nie sleg ge­boul nie en daar was so by­na-by­na ’n paar paal­tjie-ge­leent­he­de.

Die paal­tjies wou eg­ter nie val nie en die tuis­span het in die eer­ste ses­sie net een paal­tjie ver­loor.

Dit het aan­vank­lik ge­lyk of Suid-A­fri­ka die toets al op die eer­ste dag kon ver­loor.

Die gang van die wed­stryd het eg­ter in die mid­del­ses­sie ver­an­der. Ra­ba­da en Kes­hav Ma­ha­raj het vir by­na 90 mi­nu­te saam­ge­boul en van al­bei kan­te druk op die En­gel­se kol­wers ge­laai.

Ma­ha­raj het die groot vis, Alas­tair Cook (46), ge­kry voor­dat Ra­ba­da van Tom We­st­ley (29) ont­slae ge­raak het.

S­kie­lik was daar nu­we vuur in die Pro­tea-aan­val. Ma­ha­raj het am­per geen lo­pies weg­ge­gee nie, ter­wyl Ra­ba­da met puik rit­me ge­boul het. Hy was blits­vin­nig en het die bal in­en uit­ge­swaai.

Joe Root is een van die bes­te kol­wers in wê­reld­krie­ket, maar hy kon mak­lik vier of vyf keer ’n slag­of­fer van Ra­ba­da ge­word het. Dié Pro­tea-snel­bou­ler se sy­fers is 2/52.

Ma­ha­raj het net 54 lo­pies in sy 29 boul­beur­te af­ge­staan.

Root (52) was weer ’n do­ring in die Pro­te­as se vlees. Hy het nou in tien ag­ter­een­vol­gen­de toet­se ’n vyf­tig­tal aan­ge­te­ken.

Dit is ’n En­gel­se re­kord, maar hy het ef­fe mee­ge­voer ge­raak en vir O­li­vier pro­beer tei­ken. Dié K­nig­hts-bou­ler het hom eg­ter been voor paal­tjie be­trap en só ’n groot slag vir die Pro­te­as ge­slaan.

S­to­kes en Jon­ny Bair­stow (33*) het 65 lo­pies om die ses­de paal­tjie ge­voeg om die En­gel­se se neu­se weer voor te kry.

Fo­to: GETTY IMAGES

Du­an­ne O­li­vier gis­ter in ak­sie vir Suid­A­fri­ka op die eer­ste dag van die laas­te krie­ket­toets teen En­ge­land. Dié Vry­staat­se bou­ler het van Joe Root ont­slae ge­raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.