’n Mil­joen? Nee vriend, hier’s R24 000

Beeld - - SPORT - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Rug­by­spe­lers van die OP-Kings wat in die ry staan vir ’n uit­be­ta­ling uit die boe­del van die ge­li­kwi­deer­de sa­ke-een­heid van dié u­nie, kan ’n “drup­pel aan die em­mer” te wag­te wees.

Die sa­ke-een­heid van die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie Rug­by­u­nie (OPRU) is ein­de ver­le­de jaar fi­naal ge­li­kwi­deer, met die ba­tes wat eers ver­le­de week vir R15 mil­joen ver­koop is.

Na ver­neem word, het die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) van die ba­tes, wat kom­mer­si­ë­le reg­te in­sluit, ge­koop.

Die kom­mer­si­ë­le reg­te sluit on­der meer han­dels­merk­reg­te, bor­greg­te, die reg om ad­ver­ten­sies in die sta­di­on te ver­koop en uit­saai­reg­te in.

Die Sout­hern Kings het on­langs die trek­pas uit Su­per­rug­by ge­kry en sal van­jaar reeds aan die Pro14-reeks in Eu­ro­pa deel­neem.

Die R15 mil­joen sal in drie paai­e­men­te in op­een­vol­gen­de ja­re uit­be­taal word.

Spe­lers van die OP-Kings wat in die 2015-sei­soen weens die ban­krot­skap son­der sa­la­ris­se oor die weg moes kom, se ei­se sal eer­ste be­taal word.

So­ver vas­ge­stel kon word, wis­sel die be­drae wat per spe­ler ge­skuld word van R100 000 tot R1 mil­joen, maar slegs R24 000 per spe­ler, met ’n be­wys­ba­re eis, sal na ver­wag­ting uit­be­taal word.

Vol­gens die spe­lers se regs­ver­teen­woor­di­gers sal die SuidA­fri­kaan­se In­kom­ste­diens na ver­wag­ting boon­op ’n eis kan in­dien wat die oor­bly­wen­de R10 mil­joen van die boe­del sal op­eis.

Die li­kwi­da­teur, Da­nie Ac­ker, het aan­ge­dui dat hy ’n ver­de­re di­vi­dend vir die spe­lers sal pro­beer ver­se­ker.

Daar word ook ver­neem dat Sa­ru dit as voor­waar­de vir die aan­koop van die OPRU-sa­keeen­heid se ba­tes ge­stel het dat geen ver­de­re ei­se teen hom in­ge­stel kan word nie.

Dit wil dus voor­kom dat die ge­grief­de spe­lers met die R24 000 te­vre­de sal moet wees.

Vol­gens een van die spe­lers, wat a­no­niem wil bly, is die spe­lers ui­ters on­te­vre­de oor die be­drag wat aan hul­le uit­be­taal gaan word. “Dit is ab­so­luut niks. Jy kan jou­self in­dink wat die spe­lers se re­ak­sie was.”

Fo­to: ARGIEF

Die OPRU se sa­ke­een­heid se ba­tes is ver­le­de week vir R15 mil­joen ver­koop, maar die spe­lers gaan nie veel daar­van sien nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.