V­lie­ën­de N­ko­si groot do­ring in G­rie­kwas se vlees

Beeld - - SPORT - Ti­nus van S­ta­den

Cur­rie­be­ker-rug­by bloei en po­we­re wed­stry­de soos gis­ter­aand s’n tus­sen die Haaie en G­rie­kwas dien be­swaar­lik as ste­ke vir dié reeks se ga­pen­de wond.

Die Haaie het dié stryd in Dur­ban met 41-3 ge­wen.

Ve­ral die eer­ste helf­te was ’n ge­mors. Die een ná die an­der bal het Kings­park se dou­e­ri­ge gras ge­tref, straf­skop­pe wat lyn toe ge­mik is, is nie uit­ge­skop nie en al­bei span­ne se dis­si­pli­ne was vrot ver­by.

Je­re­my Ward, die tuis­span se bui­te­sen­ter, het in die twee­de mi­nuut die eer­ste drie gaan druk ná ’n won­der-aan­gee deur sy lin­ker­vleu­el, Sbu N­ko­si. Ward se drie het die hoop vir ’n aan­skou­li­ke wed­stryd laat op­vlam, maar dié hoop het gou be­skaam.

han­te­ring was met tye van la­er­skool­ge­hal­te. Cur­win Bosch, die Haaie se los­ska­kel, het ook à la Beau­den Bar­rett met ver­skeie dwars­skop­pe sy vleu­els pro­beer vind. Die snel­lers het eg­ter te diep ge­staan vir dié dwars­skop­pe om ef­fek­tief te wees.

’n Oom­blik van bril­jant­heid deur die Haaie se bin­ne­sen­ter, Luk­ha­nyo Am, en N­ko­si, het aan­sien aan die mor­si­ge eer­ste helf­te ver­leen.

Am het ’n rol­skop­pie ag­ter G­rie­kwas se ver­de­di­gers in­ge­skop, wat N­ko­si op­ge­pik het voor­dat hy soos ’n swa­el­tjie langs die hoek­vlag kon oor­duik.

Die Haaie was teen rus­tyd met 17-3 voor.

Soos in die eer­ste helf­te, het die tuis­span vroeg toe­ge­slaan in die twee­de helf­te met ’n drie deur die flank Jacques Ver­meu­len. ke in G­rie­kwas se ver­de­di­ging ge­vind. Dié taak is ook ver­ge­mak­lik deur die Pou­blou­es se lak­werk wat veel te wen­se oor­ge­laat het.

Daar­en­teen kan die K­waZu­luNa­tal­lers trots wees op die feit dat hul­le vir die twee­de op­een­vol­gen­de week geen drieë af­ge­staan het nie.

Die hoog­te­punt van die wed­stryd was on­ge­twy­feld N­ko­si se spel. Dié sterk vleu­el het die po­ten­si­aal om ’n groot S­pring­bok te word. Sy werk­ver­rig­ting is net so uit­ste­kend soos sy aan­val­len­de ver­nuf.

Hoe­wel die Haaie ’n bo­nus­punt­se­ge be­haal het, sal hul­le baie be­ter moet speel wan­neer hul­le Woens­dag op Lof­tus teen die Blou Bul­le te staan kom.

■ Je­re­my Ward, Sbu N­ko­si (2), Jacques Ver­meu­len, Ju­an S­choe­man, Ca­me­ron W­rig­ht.

Cur­win Bosch (3), In­ny Ra­de­be.

Bosch. te­he­ad.

Pun­te­ma­kers: Haaie 41 (17): Drieë:

Doel­skop­pe: Straf­doel: G­rie­kwas 3 (3): Straf­doel:

Ge­or­ge Whi­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.