Die B(Uli) van Trans­vaal

Beeld - - SPORT - Mi­cha­el G­reen

Wie gaan van­dag die Leeus se Uli S­chmidt wees? S­chmidt was in 1993, toe die Leeus (toe nog Trans­vaal) die Su­per10-reeks ge­wen het, dié span se groot­ste uit­blin­ker.

Hy het twee drieë in Trans­vaal se oor­win­ning van 20-17 oor Auck­land in die eind­stryd op El­lis­park ge­druk.

“Uli! Uli! Uli!” het die ska­re daar­die dag ge­dreun­sing.

Min het hul­le ge­weet dat dié vu­ri­ge – par­ty men­se sal sê om­stre­de – ha­ker eint­lik nie op die veld moes ge­wees het nie.

S­chmidt het ’n dag of wat voor die wed­stryd aan die af­rig­ter, wy­le Kitch Chris­tie, ge­sê hy kan nie speel nie, sy dy­spier is ge­daan.

Chris­tie het hom ge­vra om deur die pyn te speel. S­chmidt is toe voor­af in die ge­heim ’n in­spui­ting toe­ge­dien en die res is rug­by­ge­skie­de­nis.

Die vo­ri­ge week was S­chmidt ook een van Trans­vaal se hel­de in sy se­ge oor Nieu-Suid-Wal­lis in Aus­tra­lië.

Fran­cois Pie­naar, toe Trans­vaal se kap­tein, ver­tel in sy bi­o­gra­fie, Rain­bow War­ri­or, dat S­chmidt daar­die dag op ’n kol ver ge­hard­loop het. Toe hy vas­ge­vat word en die bal ná ’n los­ge­maal weer deur die han­de ge­neem word, was al­mal ver­stom om te sien daar wag S­chmidt (’n ha­ker) weer op vleu­el om ’n drie te druk.

S­chmidt was vol­gens Pie­naar ook die groot held in die eind­stryd oor ’n sterk Auck­land­span, wat le­gen­des soos Se­an Fit­z­pa­trick, Mi­cha­el Jo­nes en Zin­zan Brooke in­ge­sluit het.

“Die held van daar­die ge­luk­ki­ge dag was Uli S­chmidt,” skryf Pie­naar.

“Hy het ge­sê sy hoof­re­de waar­om hy na Trans­vaal toe ge­kom het (van Noord-Trans­vaal af) was om­dat hy in ’n pro­vin­si­a­le span wat deur Kitch Chris­tie af­ge­rig is, wou speel.”

Pie­naar sê hy het S­chmidt “be­won­der” van die eer­ste oom­blik dat hy by ’n Trans­vaal­se oe­fe­ning op­ge­daag het.

“Hy het nie baie ge­praat wan­neer daar nie veel was om te sê nie, maar as daar iets was wat ge­sê moes word, het hy dit ge­doen.”

So het S­chmidt ná 15 mi­nu­te se koors­ag­ti­ge spel (deur Pie­naar) in sy kap­tein se oor ge­fluis­ter: “Ont­span, jy speel te hard.”

Pie­naar was heel­te­mal ver­ward, tot­dat hy be­sef het S­chmidt be­doel hy wat Pie­naar is hoef nie el­ke duik­slag op die veld uit te voer of die he­le tyd die bal in sy han­de te hê nie.

Pie­naar sê S­chmidt was ’n “merk­waar­di­ge” spe­ler wat die spel goed kon lees en in kri­tie­ke oom­blik­ke op­ge­duik het om die gang van wed­stry­de te ver­an­der.

S­chmidt is ook deur baie

Ek dink nie Uli het op die veld ge­draf met die doel om ie­mand spe­si­fiek seer te maak nie.

men­se as ’n reg­te vuil uil be­skou.

“Ek dink nie Uli het op die veld ge­draf met die doel om ie­mand spe­si­fiek seer te maak nie, maar hy het wel el­ke teen­stan­der fi­siek pro­beer oor­heers,” sê Pie­naar.

Dis on­se­ker of die Auck­land­flank Mi­cha­el Jo­nes vir S­chmidt in ge­dag­te ge­had het toe hy by een lyn­staan by Pie­naar ge­pleit het dat Trans­vaal as­se­blief moet “op­hou om die man te speel”.

Pie­naar het die ein­ste Jo­nes ty­dens die wed­stryd uit die pad ge­skou­er op pad na sy eie drie.

S­chmidt het, soos reeds ge­noem, twee drieë in die wed­stryd ge­druk.

Die twee­de een het ge­kom na­dat die los­ska­kel Hen­nie le Roux die bal na S­chmidt aan­ge­gee het. S­chmidt het goed ge­vor­der. Toe hy vas­ge­vat is, het Trans­vaal weer die bal ag­ter­toe uit­ge­kry en Le Roux het die bal weer ver­sprei.

En daar staan S­chmidt, soos ’n to­we­naar, so­waar weer op die vleu­el.

Hy het die bal on­der sy arm ge­sit, ’n lief­li­ke sy­stap uit­ge­pak en oor­ge­duik.

Trans­vaal moes in die laas­te klom­pie mi­nu­te kwaai vas­byt om te wen.

Auck­land se los­ska­kel, Grant Fox, het twee keer met skep­doe­le mis­luk en die vleu­el Ter­ry W­rig­ht is ’n slag by­na deur vir ’n drie.

W­rig­ht is plat­ge­trek deur . . . S­chmidt!

■ Net een spe­ler in Trans­vaal se su­per-span, die bui­te­sen­ter Ber­nard Fou­rie, het nooit S­pring­bok­kleu­re ver­werf nie.

En hy was vol­gens Chris­tie “bit­ter on­ge­luk­kig” om nie ’n Bok te word nie.

■ Trans­vaal se span teen Auck­land: T­heo van Rens­burg, Pie­ter Hen­driks, Ja­pie Mul­der, Ber­nard Fou­rie, Chris Dirks, Hen­nie le Roux, Jo­han Roux, De­on L­öt­ter, Ian Ma­cdo­nald, Fran­cois Pie­naar (k), Han­nes S­try­dom, Ko­bus Wie­se, Jo­han le Roux, Uli S­chmidt, Ba­lie Swart.

By­ko­men­de bron: Kitch: T­ri­umph of a De­cent Man, deur Ed­ward G­rif­fit­hs.

Fo­to’s: GALLO IMAGES

Uli S­chmidt (links) het ook ’n Cur­rie­be­ker saam met die af­rig­ter Kitch Chris­tie (regs) ge­wen. In die mid­del is Christiaan S­choltz.

Fran­cois Pie­naar, Trans­vaal se kap­tein in 1993, lig die Su­per10­tro­fee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.