Ac­kers – en klein Ac­kers – se uur­glas by­na leeg

Beeld - - SPORT - Chris­to Bu­ch­ner Jo­han Ac­ker­mann

Jo­han Ac­ker­mann se wens is be­waar­heid dat hy tot op die laas­te oom­blik van hier­die Su­per­rug­by-reeks saam met sy span be­trok­ke by die ak­sie kon wees, maar nou be­sef hy die uur­glas is be­sig om vin­nig leeg te loop.

Ac­ker­mann het van­dees­week ge­sê hy drink el­ke oom­blik saam met sy spe­lers in wat die aan­loop tot van­mid­dag se eind­stryd teen die Cru­sa­ders be­tref.

“Ek om­arm al­les wat ek nog saam met my spe­lers kan doen en el­ke oom­blik wat ek nog saam met hul­le is,” sê die af­rig­ter, wat van­aand af­skeid neem van die Leeus.

Pas­toor en spe­si­a­le vriend van Ac­ker­mann (wat nie ge­ï­den­ti­fi­seer wil word nie) het Don­der­dag­og­gend ’n spe­si­a­le bood­skap aan die spe­lers en die af­rig­ting­span ge­bring en hul­le het saam ge­bid.

“Dit was iets baie spe­si­aal tus­sen ons en die spe­lers en dit het baie vir my be­te­ken. Ek wil nie graag uit­wei wat daar ge­sê is nie, maar dit be­te­ken baie vir my en die spe­lers en die band wat daar tus­sen ons is.

“Tog wil ek nie toe­laat dat e­mo­sie die taak wat voor­lê ver­dof nie. Al ons fo­kus is bloot op dit wat ons sal moet doen om die Cru­sa­ders te kan klop.

“In hier­die laas­te paar we­ke het ek maar net ge­hoop en bid dat dit vir my be­sko­re sou kon wees dat ons tot in die eind­stryd saam sou wees en om dit nou boon­op hier by die huis te kan er­vaar, maak dit so­veel meer spe­si­aal vir my,” sê hy.

Van tra­ne by die laas­te Don’n der­dag-oe­fe­ning was daar eg­ter nie spra­ke nie en die woord af­skeid is tot ná die eind­stryd uit die Leeus se woor­de­skat ver­ban.

“Twee dae ge­le­de het ek ’n bood­skap van Wil­lie B­ritz (Sun­wol­ves se kap­tein en eer­tyd­se Leeu) ge­kry om ons sterk­te toe te wens vir die eind­stryd.

“Ek het vir hom ge­sê hy was ook deel van hier­die won­der­li­ke reis van Leeus-rug­by oor die laas­te klom­pie ja­re om ons te kry waar ons nou staan.

“Daar is so­veel an­der spe­lers wat wel nou nie meer deel is ons op­set nie, wat ook ’n groot rol ge­speel het, soos ’n S­chalk van der Merwe en War­wick Teck­len­burg om maar net en­ke­les te noem,” sê Ac­ker­mann.

Dit blyk ook dat die af­rig­ter nie die e­nig­ste Ac­ker­mann is wat sy ban­de ná die eind­stryd met die Leeus gaan ver­breek nie. Sy seun en die agt­ste­man, Ru­an, gaan saam met hom Glou­ces­ter toe.

Ek om­arm al­les wat ek nog saam met my spe­lers kan doen en el­ke oom­blik wat ek nog saam met hul­le is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.