El­ton laat Cru­sa­ders op he­te ko­le loop

Beeld - - SPORT - Ti­nus van S­ta­den

Die Cru­sa­ders was eer­gis­ter op hul nuus­kon­fe­ren­sie lug­tig om e­ni­ge Leeus by na­me uit te son­der, maar die flank Matt Todd het wel toe­ge­gee daar is ve­ral een spe­ler oor wie die be­soe­kers iet­wat be­kom­merd is.

Vol­gens Todd is El­ton Jan­tjies, die Leeus se los­ska­kel, ’n spe­ler wat ’n groot in­vloed op van­dag se Su­per­rug­by-eind­stryd op El­lis­park kan hê.

“Hul­le het ver­skeie spe­lers wat ge­vaar in­hou. Jan­tjies hou straks die groot­ste ge­vaar in. Hy be­heer sa­ke. Maar as jy jou oor een spe­ler be­kom­mer, maak ’n an­der een jou seer. Hul­le is stryk­deur be­saai met ta­lent,” sê Todd.

“Die Leeus het sterk voorspelers wat die bal goed dra, met baie vaart en vaar­dig­he­de. Hul­le skroom ook nie om dru­kaan­geë weg te kry nie,” sê hy.

Die All Black-flank glo nie die feit dat die Cru­sa­ders ver­le­de week meer as 200 duik­slae in hul half­eind­stryd teen die C­hiefs moes uit­voer, gaan hul­le van­dag ne­ga­tief be­ïn­vloed nie.

“Ons het al­mal goed her­stel. Ons het ’n puik me­die­se span en al­mal voel vars en uit­ge­rus, so dit sal nie ’n fak­tor wees nie,” sê Todd.

Todd se span­maat, die All Black-bin­ne­sen­ter Ry­an Crot­ty, sê hy staal hom vir ’n e­nor­me uit­da­ging.

“Jy kry nie ’n gro­ter uit­da­ging as hier­die nie. Om op El­lis­park voor meer as 60 000 skreeuska­re en­de Suid-A­fri­ka­ners te speel, is reus­ag­tig. Dit gaan bit­ter taai wees, maar ons is ge­reed vir die uit­da­ging,” sê Crot­ty.

“Tog wil ons nie té veel van die ge­leent­heid maak nie. Dit is net nog ’n wed­stryd, maar jy moet be­slis slim­mer wees wat jou voor­be­rei­ding be­tref.

“Dit gaan baie moei­lik wees. As dit mak­lik was om ’n Su­per­rug­by-ti­tel te wen, sou al­mal dit ge­doen het. Maar hier­die span het deur die he­le jaar din­ge ver­mag wat hy nie ver­on­der­stel was om te ver­mag nie.

“Ons het el­ke uit­da­ging waar­mee ons ge­kon­fron­teer was, aan­ge­gryp en in die mees­te ge­val­le bo uit­ge­kom,” sê Crot­ty.

Fo­to: GALLO IMAGES

El­ton Jan­tjies teen die Hur­ri­ca­nes in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.