Leeu­e­moed no­dig vir ‘E­ve­rest’

G’n plek vir sis­sies op El­lis­park

Beeld - - SPORT - Chris­to Bu­ch­ner

Su­per­rug­by-glo­rie is van­dag so na­by vir die Leeus se rug­by­span dat Jo­han Ac­ker­mann en sy trop dit om­trent al kan proe.

Maar voor­dat Ja­co K­riel dalk van­aand hier teen 18:00 die Su­per­tro­fee on­der groot toe­jui­ging om­hoog kan hou, sal die Leeus eers rug­by se weer­ga­we van die berg E­ve­rest moet uit­klim in die eind­stryd teen die Cru­sa­ders op El­lis­park in Jo­han­nes­burg.

Dit sal 80 mi­nu­te van in­spi­ra­sie, per­spi­ra­sie en in­ten­se kon­sen­tra­sie verg om die span daar uit Chris­t­church se aan­slag die hoof te bied.

Die Cru­sa­ders staan soos die eer­tyd­se Ber­lyn­se muur tus­sen die Leeus en die Su­per­tro­fee.

Hul­le is Nieu-See­land se rug­by­a­del, maar skroom nie om blou­boord­jie­sta­tus aan te neem om span­ne met hul werk­ver­rig­ting af te ta­kel nie. Jack Good­hue, Da­vid Ha­vi­li, Ri­chie Mo’un­ga, Bryn Hall, Jor­dan Tau­fua en S­cott Bar­rett is nie na­me wat in goue let­ters aan glans­bor­de hang nie, maar hul­le is nie skaam om moue op te rol en die ga­te te gra­we waar­in teen­stan­ders weg­ge­bê­re word nie.

Die ma­nier waar­op die Cru­sa­ders in die lig­a­fa­se die S­tor­mers en die Bul­le af­ge­ran­sel het, het dié Suid-A­fri­kaan­se span­ne soms na vier­de­li­gaklub­span­ne laat lyk.

Om die eer­ste Leeu-span te word wat die Su­per­tro­fee (in die be­roep­se­ra) ver­o­wer en om aan die spro­kie ge­stal­te te gee wat slegs vier jaar ge­le­de nog on­be­reik­baar ge­lyk het, sal die Cru- sa­ders se a­sem­ro­wen­de agt­tal in tru­rat ge­dwing moet word. Selfs ’n gro­ter po­ging voor­langs as teen die Hur­ri­ca­nes sal no­dig wees.

Dan sal die Leeus ook nie kan be­kos­tig om rus­tyd weer met ’n ste­wi­ge ag­ter­stand op­ge­skeep te sit nie. Hul­le moet dié keer van­uit die staan­spoor laat loop. Die Cru­sa­ders het al ge­wys hul­le hoef net 30% van die be­sit te hê om wed­stry­de te wen.

Op die ver­de­di­ging sal die Leeus ook on­be­ris­pe­lik moet wees en die ten­dens van die laas­te twee wed­stry­de waar drieë op ’n goue skink­bord aan­ge­bied is, sal hok­ge­slaan moet word. S­cott Ro­bert­son, die be­soe­kers se groen­tjie-af­rig­ter, het vir hom in ’n jap­trap ’n span van staal ge­ves­tig.

Twee groot bond­ge­no­te wat die Leeus eg­ter Sa­ter­dag sal hê, is die tuis­voor­deel en die dun Rand­se lug, wat die Cru­sa­ders se e­ner­gie kan tap. Al­bei moet eg­ter deeg­lik be­nut word. Die en hul aan­moe­di­ging sal die Leeus vler­ke moet gee, ter­wyl die lug­druk in daar­die laas­te 20 mi­nu­te ook soos ’n ek­stra spe­ler of twee vir die Leeus moet wees.

Hoe dit ook al sy, El­lis­park gaan nie van­dag ’n plek vir sis­sies wees nie. Dis son­der twy­fel die twee bes­te span­ne in die reeks wat slaags raak en net die sterk­stes sal oor­leef.

Die draai­boek van ’n Ac­ker­mann-af­skeid, waar daar tra­ne van blyd­skap vloei en nie tra­ne van hart­seer nie, is nou al die af­ge­lo­pe paar maan­de so sorg­vul­dig ge­skryf dat dit tog uit­ein­de­lik wel die Leeus se dag moet wees.

Of hoe?

Fo­to: GALLO

Die Leeus het reeds van­jaar ’n tro­fee ge­wen: hul kon­fe­ren­sie­be­ker. Hier spog Ross Cron­jé en Faf de K­lerk daar­mee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.