‘Dit gee my hoen­der­vel’

Beeld - - SPORT - Chris­to Bu­ch­ner S­keids­reg­ter: Ja­co Pey­per. As­sis­tent­skeids­reg­ters: Jon­ker. M­Net). Ma­ri­us 16:00 (SS1 en

El­ke aand hier­die week wan­neer Ja­co K­riel in die bed ge­klim het, het hy van­dag se Su­per­rug­by-eind­stryd teen die Cru­sa­ders in sy kop laat af­speel.

Hy het hom in­ge­dink hoe dit gaan voel om kort voor 16:00 uit daar­die lang ton­nel van El­lis­park ge­draf te kom en sy Leeus-span op die veld te lei.

“Ek kry som­mer nou weer hoen­der­vel oor my he­le lyf as ek net dink aan hoe daar­die toe­jui­ging vir ons gaan klink.

“Nie een van ons het al voor só ’n vol El­lis­park ge­speel soos wat dit vir hier­die wed­stryd gaan wees nie,” sê hy.

“Ek kan my net in­dink wat­ter on­ge­loof­li­ke er­va­ring dit gaan wees.

“Ja, el­ke aand het ek eers in die bed ge­lê en ver­skil­len­de sce­na­rio’s in­ge­dink wat in die wed­stryd kan voor­kom. Jy speel om­trent die he­le wed­stryd in jou kop voor­dat jy dan aan die slaap kan raak.”

Die plan was dat hy gis­ter­aand vroeg in die ve­re kom, want hy pro­beer al­tyd voor ’n wed­stryd so tien ure se slaap in­kry.

“Die og­gend van ’n wed­stryd eet ek so el­ke drie ure iets. Ge­woon­lik hou ek my ook be­sig deur na die og­gend se reg­streek­se wed­stry­de op te­le­vi­sie te kyk, maar nou met die eind­stryd is daar nie an­der wed­stry­de in die og­gend om na te kyk nie,” sê hy.

Het hy al ge­dink wat sy laas­te bood­skap aan sy spe­lers in die kleed­ka­mer gaan wees net voor­dat hul­le op die veld draf?

“Nee, maar iets wat die co­ach (Jo­han Ac­ker­mann) so oor die laas­te dag of twee voor die wed­stryd vir ons sê, sal in my kop vas­steek. Ek sal dit se­ker ge­bruik om daar­die laas­te paar woor­de vir hul­le hier uit my hart uit oor te dra.”

En ter­loops, Ja­co, wan­neer jy die eind­stryd saans so in die bed lê en speel, hou jy da­rem die tro­fee om­hoog ná die tyd?

“Ek het nog nie een keer daar­by uit­ge­kom nie,” glim­lag hy.

Ja, Ja­co, ons glo jou, net soos ons glo daar gaan van­mid­dag ’n dik laag sneeu op El­lis­park lê wan­neer die span­ne op­draf. G­len Jack­son, Ma­ri­us van der Westhuizen.

TV­s­keids­reg­ter: Af­skop: Ver­wag­te weers­toe­stan­de:

Ge­deel­te­lik be­wolk met ’n noord­wes­te­wind van tus­sen 10 km/h en 20 km/h. Die tem­pe­ra­tuur teen af­skop­tyd sal so­wat 20 °C wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.