War­ren dalk nie gou weer in Bok­trui

Beeld - - SPORT - Chris­to Bu­ch­ner

’n O­pe­ra­sie kan dalk War­ren W­hi­te­ley, die Leeus se S­pring­bok-kap­tein, se voor­land wees.

Hy het gis­ter op El­lis­park ge­sê daar sal vol­gen­de week nóg me­die­se toet­se ge­doen word om te be­paal of dit no­dig sal wees om sy be­seer­de lies te o­pe­reer.

“Ek sal nie vir jou jok nie, dit is ’n moei­li­ke tyd. Din­ge gaan maar taai.

“Maar nou ja, dit is hoe die le­we sy ver­loop neem. Jy kan nie al­tyd in jou rug­by­loop­baan die din­ge net wil hê soos dit jou pas nie,” het W­hi­te­ley ge­sê voor die Leeus se kap­teins­oe­fe­ning vir van­dag se Su­per-eind­stryd teen die Cru­sa­ders.

W­hi­te­ley het sy lies so­da­nig be­seer dat hy nie in Ju­nie in die laas­te toets teen Frank­ryk op El­lis­park kon speel nie.

Hy het reeds voor die reeks teen die Fran­se ef­fens las van die lies ge­had, maar die nu­we S­pring­bok­kap­tein het in die eer­ste twee toet­se deur die pyn ge­speel tot­dat dit hom in­ge­haal het en hy se­dert­dien langs die kant­lyn moes staan.

In­dien hy ge­o­pe­reer moet word, kan dit be­te­ken dat hy glad nie deel van die Rug­by­kam­pi­oen­skap kan wees nie.

Die Spring­bok­ke se eer­ste toets in dié reeks is op 19 Au­gus­tus in Port E­li­za­beth teen Ar­gen­ti­nië.

Die in­ne­men­de W­hi­te­ley het gis­ter half ver­lo­re ge­lyk waar hy moes toe­kyk hoe Ja­co K­riel as die Leeus-kap­tein saam met die Cru­sa­ders-lei­er, Sam W­hi­te­lock, by die Su­per­tro­fee po­seer.

War­ren W­hi­te­ley

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.