’n Se­der staan in Wa­ter­kloof

Vol ou­tyd­se sjar­me en styl

Beeld - - HUISGIDS - Li­net­te Re­tief

As jy op soek is na ’n styl­vol­le én ka­rak­ter­vol­le ei­en­dom vol ou­tyd­se sjar­me en uit­ste­kend op­ge­knap met die al­ler­weel­de­rig­ste mo­der­ne ge­rie­we, is jy by die reg­te a­dres.

Dank­sy ’n ge­sog­te sen­tra­le a­dres en mak­li­ke toe­gang tot die o­pen­ba­re ver­voer­stel­sels, in­slui­tend die Gautrein-bus­sta­sie, is jy bin­ne drie tot agt mi­nu­te se ry by die plaas­li­ke so­wel as Brook­lyn- en Men­lyn-in­ko­pie­sen­trums, P­re­to­ria se ge­wild­ste sko­le, die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria en die N1-Gars­fon­tein-af­rit as­ook bin­ne sta­p­af­stand van die P­re­to­ria-bui­te­klub.

Hier­die waar­di­ge en op­win­den­de ei­en­dom, kom­pleet met ’n prag­ti­ge straat­aan­sig, is uit­mun­tend in stand ge­hou en oor die ja­re heen keu­rig en met ’n fyn oog vir de­tail ge­re­stou­reer tot die prag­ti­ge en trot­se se­der in die hart­jie van Wa­ter­kloof wat dit van­dag is.

Die prag­ti­ge, glan­sen­de hout­vloe­re, hoë pla­fon­ne, in­ge­voer­de hout­deu­re en -ven­sters, as­ook prag­ti­ge kan­de­la­re sal jou da­de­lik op­val. Ver­der front die huis noord, wat be­te­ken daar is baie na­tuur­li­ke lig en heer­li­ke son­ni­ge leef­a­re­as en slaap­ka­mers in die kou­er win­ter­maan­de.

Van­uit ’n im­po­san­te por­taal van waar ’n ma­je­stu­eu­se so­lie­de hout­trap na die boon­ste ver­die­ping lei, stap jy in die ek­stra ruim sit­ka­mer met ’n ge­sel­li­ge kag­ge­l­a­rea en ’n prag­ti­ge uit­sig oor die tuin. Die groot skuif­deu­re lei na die bui­te­stoep. Bui­te in die keu­ri­ge land­skap­tuin is lief­li­ke groot bo­me.

Daar is ’n twee­de on­der­da­kont­haal­a­rea bui­te met in­ge­bou­de braai­ge­rie­we waar jy met ge­mak tot 80 men­se kan ont­haal.

Die ek­stra ruim eet­ka­mer, wat ’n 16- tot 18-sit­plek­ta­fel kan ak­kom­mo­deer, het ook groot glas­skuif­deu­re na die bui­te­stoep en grens ge­rief­lik aan die prag­ti­ge én prak­tie­se kom­buis met gra­niet­af­wer­kings en ’n ge­sel­li­ge ont­byt­hoe­kie.

Die ko­ning­groot­te en sui­te­hoof­slaap­ka­mer is op die boon­ste vlak en is in al­le op­sig­te be­son­ders. Dié ver­trek met lug­ver­sor­ging het vol­op in­ge­bou­de kas­te en loop uit op ’n groot bal­kon wat uit­kyk oor die lo­wer­groen tuin en swem­ba­d­area. Die weel­de­ri­ge bad­ka­mer het on­der­vloer­se ver­hit­ting, hand­doek­ver­war­mers, vog­be­heer – kort­om; al­les wat jou hart be­geer.

Daar is nog drie lug­ver­sorg­de slaap­ka­mers met vol­op in­ge­bou­de kas­te wat saam met die hoof­slaap­ka­mer in ’n toe­sluit­ba­re vei­lig­heid­so­ne ge­groe­peer is.

Die se­ker­heid­stel­sel is ge­vor­derd en van die bes­te.

Die twee­de vol­le­di­ge bad­ka­mer Al­bert­straat, Wa­ter­kloof R4,58 mil­joen

Erf: 1 252 m², ge­bou: 400 m² Bam­bie Hei­berg van Hei­berg E­sta­tes by bam­bie@hei­ber­ge­sta­tes. com, 012 362 4628 of 083 654 3773. Sa­ter­dag van 11:00 tot 14:30. Aan­wy­sers uit Al­bert­straat­ en Brook­lyn­weg en Cro­wn­straat.

“Li­ke” Beeld­Huis­gids/ Pro­per­ty Gui­de se Fa­ce­book­blad by bit.ly/ Beeld­Huis­gids vir in­lig­ting oor en fo­to’s van die hui­se, as­ook a­gent­skap­pe se ei­en­dom­spor­te­feul­jes wat el­ke Sa­ter­dag in Beeld ge­ad­ver­teer word. is e­wen­eens luuks en het ook han­doek­ver­war­mers, on­der­vloer­se ver­hit­ting en vog­be­heer.

Die bui­te­ge­boue be­staan uit ruim per­so­neel­ver­blyf­plek met eie ge­rie­we, ’n groot was- en stryk­ka­mer en ’n bui­te­kan­toor wat as pak­ka­mer ge­bruik kan word. Die ge­ou­to­ma­ti­seer­de dub­bel­deur-mo­tor­huis het plek vir ’n der­de voer­tuig of ad­di­si­o­ne­le pak­plek.

’n A­sem­ro­wen­de huis met ’n skou­spel­ag­ti­ge uit­sig. Op die in­las is die swem­bad om­ring deur ’n stuk­kie pa­ra­dys. A­dres: Prys: Groot­te: Kon­tak:

Op skou:

Die kui­er­stoep vloei uit die leef­a­rea.

Een van die ruim, e­le­gan­te leef­a­re­as.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.