Ver­hoog só kans dat huis ver­koop

Beeld - - HUISGIDS - Li­net­te Re­tief

As jy tans jou ei­en­dom van die hand wil sit, is dit raad­saam om se­ker te maak die prys is reg om die be­lang­stel­ling van voor­ne­men­de ko­pers te trek. An­ders, sê S­te­ve van Wyk, be­stu­ren­de di­rek­teur van Seeff Cen­tu­ri­on, sal jou ei­en­dom een­vou­dig in die mark bly sit.

Net in Cen­tu­ri­on al­leen het ko­pers tans ’n keu­se van meer as 9 000 ei­en­dom­me in die mark. “Dit is die e­kwi­va­lent van 18 maan­de se ei­en­dom­me wat ver­koop moet word voor­dat e­ni­ge nu­we ei­en­dom­me op die mark kom,” ver­dui­de­lik Van Wyk.

“Ter­self­der­tyd het na­vrae van ko­pers se­dert die be­gin van die jaar met by­kans 50% ge­daal, en ons is nou in ’n sta­di­ger tyd­perk met die ver­wag­ting dat mo­men­tum eers van Sep­tem­ber af sal op­tel.”

Die hui­di­ge re­ses­sie en die ge­paard­gaan­de ne­ga­tie­we sen­ti­ment het ’n na­de­li­ge im­pak op ei­en­doms­ver­ko­pe land­wyd, maar Van Wyk wys daar­op dat daar steeds baie ge­leent­he­de be­staan vir ver­ko­pers.

“Ons kry daag­liks aan­bie­din­ge, maar slegs op ei­en­dom­me wat teen die reg­te prys be­mark word en waar voor­ne­men­de ko­pers waar­de sien.”

Ver­ko­pers moet weet dat hul­le nou in ’n ko­pers­mark is en as hul­le nie erns­tig is daar­oor om hul ei­en­dom te ver­koop nie, moet hul­le dit lie­wer van die mark af haal.

FNB se jong­ste Pro­per­ty Ba­ro­me­ter dui op ’n pro­gres­sie­we af­na­me, ve­ral in die Jo­han­nes­bur­gen P­re­to­ria-ge­bied wan­neer dit by prys­groei kom ter­wyl voor- raad­vlak­ke met ras­se skre­de styg.

Vir erns­ti­ge ver­ko­pers, is daar eg­ter al­tyd ge­leent­he­de, sê Van Wyk. Hy wys op die vol­gen­de be­lang­ri­ke as­pek­te wat hul­le in ge­dag­te kan hou:

■ Maak se­ker die prys is reg: Dit is tans die nom­me­reen-oor­we­ging vir ko­pers. “As jy ver­wag­tin­ge van ’n hoë prys koes­ter, help jy een­vou­dig om an­der ei­en­dom­me te ver­koop – dis so een­vou­dig,” sê Van Wyk.

“Ont­hou, van­dag se ko­per be­gin sy soek­tog aan­lyn en hy kan on­mid­del­lik sien wat te koop is in die a­rea en hoe­veel dit kos. As jou ei­en­dom die duur­ste is, sal hy een­vou­dig ver­der soek.”

■ Maak die huis reg:

Met so baie ei­en­dom­me om uit te kies, gaan ko­pers nie be­lang stel in een wat ver­waar­loos lyk nie. Kry die ba­sie­se e­le­men­te reg. Dit sluit in ’n net­jie­se tuin, skoon swem­bad en ’n rom­mel­vrye huis wat in ’n goeie toe­stand is, ve­ral wan­neer dit by die mat­te, kom­buis en bad­ka­mers kom.

■ Maak dit ’n al­leen­man­daat:

As jy in re­kord­tyd van “te koop” na “ver­koop” wil gaan, sal ’n al­leen­man­daat jou die voor­sprong gee, sê Van Wyk. Tal­le bord­jies van ver­skil­le a­gen­te voor ’n huis skrik voor­ne­men­de ko­pers af en me­de­din­gen­de a­gen­te gaan nie vir jou die­self­de ka­li­ber aan­dag as ’n al­leen­a­gent gee nie.

■ Bly bo deur te on­der­han­del: In die hui­di­ge mark moet ’n mens be­reid wees om te be­ding, sê Van Wyk. As jy moet ver­koop, oor­weeg e­ni­ge erns­ti­ge aan­bod, ve­ral as dit ’n skoon tran­sak­sie is en die ko­per hoef nie eers sy eie ei­en­dom te ver­koop nie.

■ Er­va­ring tel:

Maak se­ker jy kies ’n a­gent­skap met ’n stand­vas­ti­ge baan­re­kord en goeie re­pu­ta­sie in die a­rea. Baie a­ma­teurs in die mark sal hoë pry­se be­lo­we om man­da­te te kry. Al wat dit ver­mag, sê Van Wyk, is om ver­ko­pers se tyd te mors. Be­tree lie­wer die mark met die reg­te a­gent­skap aan jou kant en teen die reg­te prys.

Die jong­ste ren­te­koers­da­ling sal on­ge­twy­feld meer ko­pers aan­moe­dig, maar Van Wyk wys daar­op dat van­dag se ko­pers slim is: Hul­le het toe­gang tot die jong­ste nuus en teg­no­lo­gie en hul­le weet wat in die mark aan die gang is. Om uit te staan, moet ver­ko­pers na ag­ter­me­kaar ad­vies luis­ter.

Vir meer in­lig­ting kon­tak Seeff Cen­tu­ri­on by 012 667 2167 of be­soek www.seeff.com.

Met so baie ei­en­dom­me om uit te kies, gaan ko­pers nie be­lang stel in een wat ver­waar­loos lyk nie.

Fo­to: iSTOCK

In ’n ko­pers­mark moet jy se­ker maak jou prys is reg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.