Speel­speel só vir 48 uur . . .

Gold Reef City se pa­ra­dys sorg lag­lag vir ’n he­le na­week se ple­sier – en dit nog­al vir oud en jonk.

Beeld - - LEEFSTYL - TERÉ­SA COET­ZEE @te­re­sa­coet­zee Sa­ter­dag 12:15 Sa­ter­dag 17:00

As jy vir my kin­ders sê hul­le kan vir ’n na­week na e­ni­ge plek in die land gaan, van Kaap­stad, Na­tal tot M­pu­ma­lan­ga, sal hul­le son­der uit­son­de­ring Gold Reef City kies.

Selfs al is dit net hier op ons drem­pel en al was hul­le ma­le son­der tal daar in die pret­park. Want vra maar vir e­ni­ge ou­er met kin­ders – Gold Reef City is ’n kin­der­pa­ra­dys en ’n dag wat jy daar saam met kin­ders deur­bring, is een­vou­dig net te kort.

Ons ge­sin was on­langs vir ’n na­week daar en die ure was vol­ge­pak met pret en ple­sier.

Vry­dag 14:00

Ons boek in by die Gold Reef City T­he­me Park-ho­tel, wat in die pret­park ge­leë is en ek is mal oor die ou­wê­reld­se ge­voel van die ho­tel se voor­por­taal. Van die ka­mers is a­part van die hoof­ge­bou ge­leë, mid­de-in die pret­park en ons het ’n lief­li­ke ge­sins­ui­te ge­kry wat i­de­aal is vir ’n ge­sin van vier.

Gas­te by hier­die ho­tel kry ou­to­ma­ties daag­liks gra­tis toe­gang tot die pret­park en daar is nog ge­noeg tyd dat die kin­ders die 4D-fliek na­by ons ho­tel­ka­mer kan gaan kyk. Dis ’n sen­so­rie­se ont­plof­fing!

Ons vier be­leef die Jo­han­nes­burg­se sons­on­der­gang doer bo van­af die park se mas­sie­we groot wiel en ter­wyl die mo­tors daar on­der soos klein mier­tjies in ge­lid deur die spits­ver­keer wroeg, voel ek s­kie­lik erg bly dat ek dit mis­ge­loop het.

Vry­dag 18:00

Maak nie saak waar­voor jy lus is om te eet nie, jy sal dit vind by Gold Reef City. Hier is so­veel eet­plek­ke en re­stau­ran­te dat jy selfs vir ’n week hier kan bly son­der dat jy twee keer by die­self­de plek hoef te eet.

Ons kies O­ce­an Bas­ket, om­dat dit al­tyd ’n be­kos­tig­ba­re en ge­sins­vrien­de­li­ke op­sie is met heer­li­ke vars see­kos.

Vry­dag 19:00

In die ca­si­no is daar ’n lief­li­ke ke­gel­baan en hoe­wel ek die swak­ste én me­de­din­gend­ste spe­ler in die ge­sin is, is dit al­tyd groot pret om krag­te te meet – selfs al ver­loor ek teen my kin­ders. ’n Spe­si­a­le bus­sie neem ons weer te­rug ho­tel toe, waar ons elk­een ’n be­ker warm­sjo­ko­la­de voor slaap­tyd drink. Van­aand gaan ons vroeg in­kruip, want mo­re is ’n be­si­ge dag . . . Ho­tel­gas­te word ge­trak­teer met ’n buf­fet-ont­byt by Bar­ney’s re­stau­rant en daar­na kry ons ons arm­band­jies vir die pret­park by ont­vangs. Maar voor­dat die kin­ders op die rit­te be­gin ry, maak ons eers ’n draai by die A­part­heids­mu­seum wat loop­af­stand is van die ho­tel.

Sa­ter­dag 09:00

Die A­part­heids­mu­seum is in 2001 ge­o­pen en dit ver­tel die he­le sto­rie van die be­gin tot die ein­de van ons land se a­part­heids­e­ra. El­ke Suid-A­fri­ka­ner wat be­lang stel in ge­skie­de­nis, be­hoort hier­die mu­seum te be­soek. Daar is 22 ver­skil­len­de uit­stal­lin­g­a­re­as en ’n be­soek aan die mu­seum neem jou ten min­ste twee uur, maar selfs lan­ger.

Toe­gang is R85 vir vol­was­se­nes en R70 vir pen­si­oe­na­ris­se en kin­ders.

Sa­ter­dag 11:30

Een van die jong­ste toe­voe­gings by die Gold Reef City-pret­park is die Jump City-tram­po­lien­park waar oud en jonk vir tien mi­nu­te op ’n slag al­ler­han­de a­kro­ba­tie­se toer­tjies kan uit­voer. Daar is ook ’n klim­muur, maar my guns­te­ling is die su­per­spring­mat wat jou eks­tra­hoog laat bons. Toe­gang is gra­tis, maar jy moet ’n spe­si­a­le paar sok­kies koop (R30) om op die tram­po­liens te kan spring. So­dra jou tien mi­nu­te ver­by is, kan jy weer in die ry val om te spring. Daar is tal­le lek­ker eet­plek­ke by die pret­park en ons ge­niet mid­dag­e­te by die Dig Inn-ge­sins­re­stau­rant. Dit is ’n ge­mak­li­ke klein eet­plek­kie waar die pry­se bil­lik is en die kos heer­lik.

’n Bur­ger en tjips kos R59 en 400 g-rib­be­tjies R95, ter­wyl ’n groot piz­za jou so R59 uit die sak sal jaag.

Sa­ter­dag 14:00

Teen dié tyd was die kin­ders al so uit­ge­hon­ger om ’n paar rit­te in die pret­park te gaan ry, dat ons een­vou­dig geen ver­weer meer oor het nie. Hoe ou­er ek word, hoe meer be­sa­dig die rit­te, maar met die kin­ders is dit p­re­sies die teen­oor­ge­stel­de. Daar is meer as 30 pre­trit­te in die park, van die ge­vrees­de To­wer of Ter­ror, A­na­con­da, Ru­na­way Train, tot by die mak­ker swaaie, boot en skul­pe. My hart hou dit skaars en ek kies om kof­fie te gaan drink by Mugg & Be­an en eer­der na die tra­di­si­o­ne­le dan­sers te kyk. Hul kaas­koek is ver­ruk­lik. Daar is ook ’n he­le a­par­te speel­park vir klei­ner kin­ders kor­ter as 1,2 m. Gold Reef City het agt nu­we fliek­te­a­ters en die heel nuut­ste vry­stel­lings word week­liks hier ver­toon. Dit is die i­de­a­le ma­nier om jou voe­te te laat rus en jou in­ner­li­ke ba­lans te­rug te vind ná al die pre­trit­te.

Sa­ter­dag 19:30

Hoe­wel daar tal­le re­stau­ran­te by Gold Reef City is, is Back o’ the Moon be­slis die def­tig­ste en daar is ’n groot ver­skei­den­heid keu­ses op die spys­kaart. ’n Jaz­z­or­kes sorg vir ver­maak en ons ver­gaap ons aan die an­der be­soe­kers se be­hen­di­ge dans­pas­sies op die dans­baan.

Son­dag 10:00

Die heel bes­te ma­nier om Jo­han­nes­burg en So­we­to te ver­ken, is op Ci­tySig­ht­seeing se rooi bus wat el­ke half­uur van die Gold Reef City Ca­si­no-ho­tel ver­trek. Die toer­bus bied ver­skil­len­de op­sies met ver­skil­len­de pry­se, maar ons kies die rooi toer wat ne­ge ver­skil­len­de stil­hou­plek­ke in­sluit – van Kon­sti­tu­sie­heu­wel, die myn­dis­trik, die Car­l­ton-sen­trum, Ja­mes Hal­l­ver­voer­mu­seum, die A­part­heids­mu­seum, SAB Wor­ld of Beer, O­ri­g­ins-sen­trum en Braam­fon­tein.

’n Bus­kaart­jie kos R190 vir vol­was­se­nes en R90 vir kin­ders tus­sen 5 en 17 en die toer duur so­wat drie uur, af­han­gend van hoe­veel keer jy by die ver­skil­len­de plek­ke af­klim. Daar is ook ’n twee­da­g­op­sie be­skik­baar.

■ Coet­zee en haar ge­sin het Gold Reef City op uit­no­di­ging be­soek.

Die heel bes­te ma­nier om Jo­han­nes­burg en So­we­to te ver­ken, is op die Ci­tySig­ht­seeing se rooi bus.

Fo­to’s: TERÉ­SA COET­ZEE

S­waai­s­waai skop­pel­maai by Gold Reef City.

Die A­part­heids­mu­seum reg langs die pret­park.

’n Heer­li­ke ham­bur­ger en tjips by die Dig Inn­re­stau­rant.

Die Gol­den Wa­ve, een van die rit­te vir klein kin­der­tjies.

Tra­di­si­o­ne­le dan­sers tree ge­reeld op in die groot oop a­rea in die mid­del van die pret­park.

’n V­rien­de­li­ke la­ma in die die­re­plaas kom sê hal­lo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.