Klok lui vir Dr. S­teel­ham­mer

Beeld - - SPORT - Mi­cha­el G­reen

Hy was be­slis nie die ge­wild­ste swaar­ge­wig­kam­pi­oen van al­le tye nie, maar Wla­di­mir K­litschko van die Oe­kra­ï­ne, wat eer­gis­ter sy uit­tre­de uit boks aan­ge­kon­dig het, sal ont­hou word as een van die doel­tref­fend­ste veg­ters van die mo­der­ne era.

K­litschko (41) het teen baie bok­sers in die kryt ge­klim wat deur si­nie­se men­se as pa­loe­kas be­skryf is. Daar­die so­ge­naam­de pa­loe­kas het hul paad­jies tot ti­tel­ge­veg­te oop­ge­slaan en K­litschko moes nood­ge­dwon­ge teen van hul­le veg.

Hy het ook teen van die bes­tes van sy tyd in die kryt ge­klim en kan be­slis nie as ’n bang­broek be­skryf word nie.

Oeps, wag, daar was wel een veg­ter vir wie hy nie kans ge­sien het nie – sy broer Vi­ta­li.

Dié twee was en is steeds baie ge­heg aan me­kaar en wou nooit teen me­kaar boks nie.

Saam het hul­le swaar­ge­wig­boks van 2006 tot 2015 oor­heers.

En hul­le het ook vir me­kaar uit­ge­kyk.

Toe Cor­rie San­ders in 2003 vir Wla­di­mir uit­me­kaar slaan, het Vi­ta­li ’n jaar la­ter wraak ge­neem deur San­ders ’n kwaai loe­sing te gee.

is in Z­han­gi­z­to­be, Ka­zak­h­stan, ge­bo­re en het in Ki­ëf in die Oe­kra­ï­ne groot­ge­word. Hy het in 1996 ’n goue me­dal­je op die O­lim­pie­se S­pe­le in At­lan­ta ge­kry toe hy die su­pers­waar­ge­wig­af­de­ling ge­wen het.

Die­self­de jaar het hy sy de­buut in die be­roeps­kryt ge­maak en in 2003 het hy die Wê­reld­boks­or­ga­ni­sa­sie se swaar­ge­wig­ti­tel ge­wen deur Chris By­rd van A­me­ri­ka met pun­te te klop.

Maar voor hy die kam­pi­oen ge­word het, het hy eers in 1998 die eer­ste van sy vyf ne­der­lae ge­ly.

Dit was teen Ross Pu­rit­ty van A­me­ri­ka. Pu­rit­ty, ’n wis­sel­val­li­ge maar be­son­der taai veg­ter, het K­litschko met ’n teg­nie­se uit­klop­hou in die elf­de ron­de ver­slaan.

Pu­rit­ty is, ter­loops, ook deur San­ders as een van sy moei­lik­ste teen­stan­ders uit­ge­son­der. San­ders was da­rem met pun­te baas teen Pu­rit­ty, maar het ’n le­li­ke blom­kool­oor as aan­den­king van sy ge­veg met die A­me­ri­ka­ner oor­ge­hou.

K­litschko het in 2002 met Frans Bo­tha krag­te ge­meet en hom in die agt­ste ron­de met ’n teg­nie­se uit­klop­hou ver­slaan.

In 2003 het San­ders die WBO­ti­tel by K­litschko af­ge­neem deur hom bin­ne twee ron­des te ver­plet­ter.

K­litschko het ’n jaar la­ter ook met ’n teg­nie­se uit­klop­hou teen La­mon B­rewster ver­loor, wat die praat­jies van sy glas­ka­ke­been laat op­vlam het.

Maar K­litschko het nooit ’n glas­ka­ke­been ge­had nie. Sy ne­der­lae het ge­woon­lik ge­kom na­dat hy ’n paar keer met sar­sies houe plat­ge­slaan is.

Dit was nie ’n kwes­sie van boem, een hou, en daar lê ou Wlad nie.

In 2006 het K­litschko die va­kan­te ti­tel van die In­ter­na­si­o­na­le Boksfe­de­ra­sie ge­wen deur wéér met By­rd af te re­ken.

Dit was die be­gin van ’n oor­Wla­di­mir heer­sing in swaar­ge­wig­boks soos wat nog nie voor­heen ge­sien is nie.

K­litschko het ook die Wê­reld­boks­raad en In­ter­na­si­o­na­le Boks­or­ga­ni­sa­sie en weer die WBO-ti­tels ge­wen en in die pro­ses met man­ne soos Ha­sim Rah­man, To­ny T­homp­son, Da­vid Haye en A­lex­an­der Po­vet­kin af­ge­re­ken.

Twee jaar ge­le­de het Ty­son Fu­ry van B­rit­tan­je vir ’n groot­skaal­se op­skud­ding ge­sorg toe hy K­litschko in D­üs­sel­dorf met pun­te ver­slaan en sy ti­tels van hom af­ge­neem het.

K­litschko is in die ver­le­de daar­van be­skul­dig dat hy soms soos ’n ro­bot ge­boks het. Ook dat hy soms nie ge­noeg houe ge­slaan het nie.

Teen Fu­ry kon hy een­vou­dig nie aan die gang kom nie. Ver­moe­de­lik het die om­stre­de en groot­mond B­rit hom ont­se­nu, maar dit was mak­lik een van K­litschko se swak­ste ver­to­nings ooit.

Vroe­ër van­jaar het K­litschko nog ’n B­rit, An­tho­ny Jos­hua, aan­ge­durf.

Jos­hua het in­tus­sen die IBF­kam­pi­oen ge­word en daar is ver­wag dat hy re­de­lik mak­lik met K­litschko sou af­re­ken.

K­litschko het ’n uit­ste­ken­de ver­to­ning ge­le­wer en het die B­rit in ’n sta­di­um so te sê uit op sy voe­te ge­had.

Hy kon nie die uit­klop­hou plant nie en is self met ’n teg­nie­se uit­klop­hou in die 11de ron­de ver­slaan.

In sy ne­der­laag het die ve­te­raan baie re­spek by die boks­pu­bliek ge­wen. Ver­skeie ken­ners het ge­dink hy sou wen as hy weer teen Jos­hua sou boks.

K­litschko het be­sluit om hom eer­der op sy sa­ke­be­lan­ge en wel­syns­werk toe te spits.

Dr. S­teel­ham­mer, soos K­litschko na hom­self ver­wys het, het 64 ge­veg­te ge­wen (55 met uit­klop­houe) en hy het net vyf ver­loor.

Fo­to: GETTY IMAGES

Wla­di­mir K­litschko

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.