K­wag­ga: ‘Ek het reg­tig dit nie be­doel’

Beeld - - VOORBLAD - Ti­nus van S­ta­den Die ge­wraak­te oom­blik: S­mith tref Da­vid Ha­vi­li.

Dit voel vir K­wag­ga S­mith of hy al­mal in die steek ge­laat het.

Die Leeus-flank se rooi­kaart in die Su­per­rug­by-eind­stryd Sa­ter­dag op El­lis­park teen die Cru­sa­ders het ’n e­nor­me rol in sy span se ne­der­laag van 25-17 ge­speel.

“Dit is baie hard. Dit voel of ek al­mal ge­drop het. Maar al­mal weet ook ek is nie ’n vuil spe­ler nie en ek sal nooit so iets as­pris doen nie. Dit was reg­tig nie my be­doe­ling nie. Ek kan nou net op­maak daar­voor,” sê S­mith.

El­ton Jan­tjies, die Leeus se los­ska­kel, het in die 38ste mi­nuut ’n hoë hang­s­kop die lug in­ge­jaag en S­mith het die bal ag­ter­na­ge­sit.

Die Cru­sa­ders se heel­ag­ter, Da­vid Ha­vi­li, het vir die bal ge­spring en S­mith het kon­tak ge­maak met die Nieu-See­lan­der ter­wyl hy in die lug was. Ha­vi­li het hard ge­val.

“Dit het baie vin­nig ge­beur. El­ton het ge­skop en ek het heel­tyd na die bal ge­kyk, want ek wou my po­si­sie reg­kry. Toe ek weer op­kyk, toe is die ou (Ha­vi­li) klaar in die lug voor my en toe is dit reeds te laat. Ek was reeds in ’n po­si­sie waar ek niks kon doen om uit die pad te kom nie.”

S­mith sê Ja­co Pey­per, die skeids­reg­ter, het die re­ëls reg toe­ge­pas deur hom met ’n rooi­kaart van die veld af te stuur.

“Met die re­ëls wat is soos dit is, het die skeids­reg­ter se­ker nie ’n keu­se ge­had as om vir my ’n rooi­kaart te gee nie. (Ha­vi­li) het glo ook baie sleg ge­val.

“Ek het nog nie tyd ge­had om daar­na te kyk nie.”

S­mith sê voor die eind­stryd was die op­win­ding in die Leeus se kamp tas­baar. Hul­le wou graag goed vaar vir die meer as 60 000 men­se wat die eind­stryd by­ge­woon het.

“Al­mal was baie op­ge­won­de en ons wou graag goed ver­toon vir al die men­se. On­ge­luk­kig het ons ons­self in ’n moei­li­ke si­tu­a­sie ge­plaas, maar dit is maar die spel. Soms werk din­ge nie uit nie,” sê hy.

S­mith is in die loop van die sei­soen vier keer as die Spe­ler van die Wed­stryd aan­ge­wys. Die by­kans u­nie­ke wy­se waar­op hy speel, het van hom ’n guns­te­ling on­der Leeus-on­der­steu­ners ge­maak.

“Dit was ’n won­der­li­ke sei­soen vir ons as span. Ons het baie ge­groei deur die jaar.

“Ons het nie ’n won­der­li­ke be­gin van die sei­soen ge­had nie, maar ons het daar­na net be­ter ge­word.

“Ons het ook soos ’n groep broers vir me­kaar ge­word en vir me­kaar ge­speel. Dit is ’n groot eer om saam met hier­die ou­ens te speel. Dit was ’n on­ge­loof­li­ke reis.”

) S­mith sal van­dag voor ’n tug­ko­mi­tee van San­zaar, die be­heer­lig­gaam van rug­by in die Sui­de­li­ke Half­rond, ver­skyn.

Fo­to’s: GALLO IMAGES

K­wag­ga S­mith en Ja­co Pey­per, skeids­reg­ter, ná die Su­per­rug­by­eind­stryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.