Wye pro­tes kom voor JZ­de­bat

MOSIE VAN WANTROUE M­be­te sê 15:30 of stem­ming ge­heim is

Beeld - - VOORBLAD - Han­ti Ot­to, Ja­son Fe­lix en Sa­rel van der Walt

Ba­le­ka M­be­te, par­le­men­tê­re spea­ker, sal van­dag om 15:30 sê of die stem­ming oor die mosie van wantroue in pres. Ja­cob Zu­ma mô­re­mid­dag met ge­hei­me stem­brie­we ge­hou sal word.

M­be­te, wat ook die ANC-voor­sit­ter is, het die na­week ont­ken dat sy die be­sluit ver­traag om ’n moont­li­ke hof­aan­soek deur op­po­si­sie­par­tye te voor­kom.

Die op­po­si­sie­par­tye sê hul­le sal hul­le tot die hof wend as M­be­te nie ’n ge­hei­me stem­ming toe­laat nie.

Sy het aan Sun­day Ti­mes ge­sê sy wor­stel nog met die be­sluit. “In Sotho sê hul­le ‘kgo­mo ya mos­ha­te’ (ver­doem as jy ja sê en ver­doem as jy nee sê).”

Die agt­ste mosie van wantroue in Zu­ma se­dert 2009 word voor­af­ge­gaan deur mas­sa­op­tre­de van­dag in Kaap­stad en ’n he­le rits an­ti-Zu­ma-op­tre­des oor die land heen mô­re. Ver­skeie sa­ke­on­der­ne­mings, ker­ke en vak­bon­de het hul steun toe­ge­sê aan mô­re se “na­si­o­na­le dag van wantroue”, wat ’n na­si­o­na­le stil­stand van daag­lik­se be­dry­wig­he­de van 12:00 tot 14:00 in­sluit.

Lui­dens ’n ver­kla­ring deur die Ahmed Kathra­da-stig­ting wen Fu­tu­re South A­fri­ca se plei­dooi vir op­tre­de met ras­se skre­de steun met die aan­slui­ting van nu­we or­ga­ni­sa­sies en be­skerm­he­re soos Al­ber­ti­na Lut­hu­li, dog­ter van die voor­ma­li­ge ANC-pre­si­dent Al­bert Lut­hu­li.

“Die teen­stand teen Zu­ma is ’n her­in­ne­ring dat Suid-A­fri­ka­ners die im­pak van men­se se mag ont­hou en be­reid is om stra­te toe te gaan om hul stem te laat hoor,” lui die ver­kla­ring.

Die Suid-A­fri­kaan­se Raad van Ker­ke (SARK), die vak­ver­bon­de Saf­tu en Fe­du­sa en Bu­si­ness Le­a­ders­hip SA (BLSA) steun dit ook.

“Ons ver­wel­kom BLSA se be­roep op sy le­de dat werk­ne­mers wat aan die pro­tes­op­tre­de wil deel­neem, toe­ge­laat word om dit te doen son­der ’n ver­lies aan in­kom­ste of voor­de­le en son­der om te moet aan­soek doen om ver­lof,” sê die stig­ting.

Hoe­wel die ANC sê sy le­de sal nie die op­po­si­sie se wan­trou­e­mo­sie steun nie, het tal­le ANCLP’s, on­der an­de­re dr. Mak­ho­si K­ho­za, Pra­vin Gord­han en Mond­li Gun­gu­be­le, ge­sê hul­le sal om ge­we­tens­re­des in ’n ge­hei­me stem­ming so ’n mosie steun om se­ker te maak Zu­ma word uit sy pos ver­wy­der. Die ANC dreig om dié LP’s uit die par­ty te skop.

Die DA het Suid-A­fri­ka­ners aan­ge­moe­dig om on­ge­ag hul po­li­tie­ke af­fi­li­a­sie mô­re land­wyd aan be­to­gings deel te neem.

Die groep van 101 ANC-ve­te­ra­ne, wat ver­skeie st­rug­gle­hel­de in­sluit, het gis­ter nog vet in die vuur ge­gooi toe hul­le in ’n ope brief aan ANC-LP’s ge­sê die mosie is die be­lang­rik­ste en moei­lik­ste be­sluit wat LP’s tot nog toe moes neem.

“Die mosie van wantroue in Zu­ma is die on­ver­my­de­li­ke ge­volg van die tal­le skan­da­le waar­by hy en sy ad­mi­nis­tra­sie hul­self in­ge­sleep het.”

Die ve­te­ra­ne sê dit is nou in ANC-LP’s se han­de om te ver­se­ker die waar­des wat die ge­meen­skap van die ANC en sy par­le­ments­le­de ver­wag, word her­stel.

As die mosie slaag en Zu­ma word uit­ge­skop, sal dit in die ge­skie­de­nis­boe­ke op­ge­te­ken word as ’n daad om die ANC te red, sê die ANC-ve­te­ra­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.