Nyls­v­ley

‘Myn is sleg­te nuus’

Beeld - - VOORBLAD - E­li­se Tem­pel­hoff

’n Ge­meen­skap in Lim­po­po wat al by­na se­we jaar lank skop teen ’n Aus­tra­lie­se myn­groep se plan om pla­ti­num in die Nyl­vloed­vlak­te te ont­gin, het die na­week met skok ver­neem die de­par­te­ment van minerale bron­ne het Syl­va­nia nou die groen lig ge­gee.

Es­cien­ce, ’n kon­sul­ta­sie­maat­skap­py, het die ken­nis­ge­wing oor die myn­reg wat toe­ge­staan is Vry­dag aan be­lang­heb­ben­des ge­stuur.

Ma­ri­on Men­gell, sa­me­roe­per van die be­wa­rings­or­ga­ni­sa­sie Vrien­de van Nyls­v­ley, sê dit is baie sleg­te nuus. Sy het ’n be­roep op Suid-A­fri­ka­ners ge­doen om saam te staan en te help keer dat dié vloed­vlak­te deur myn­be­dry­wig­he­de ver­nie­tig word.

V­lei­land­kun­di­ges het ook hul mis­noeë te ken­ne ge­gee en ge­sê die Nyl­ri­vier en sy vloed­vlak­te is een van die sen­si­tief­ste en in­ge­wik­keld­ste vars­wa­ter­stel­sels in Suid-A­fri­ka.

Dit we­mel van bi­o­di­ver­si­teit en is ’n vo­ël­ky­kers­pa­ra­dys.

Van die v­lei­land­kun­di­ges wat staats­kon­trak­te het en bang is hul­le ver­loor dit en daar­om a­no­niem wil bly, het die ge­meen­skap aan­ge­moe­dig om on­mid­del­lik ap­pèl aan te te­ken teen die de­par­te­ment se goed­keu­ring. Hul­le is dit eens dat ’n myn in of na­by die vloed­vlak­te dit on­her­roep­lik gaan ver­nie­tig. “Daar kan hoe­ge­naamd geen spra­ke van e­ni­ge mi­ti­ge­ring of re­ha­bi­li­ta­sie wees nie,” het een van die we­ten­skap­li­kes dié na­week ge­sê.

E­mi­le Ho­ni­ball van Ma­ko­pa­ne (Pot­gie­ters­rus), regs­ver­teen­woor­di­ger van on­der meer die ge­meen­skap wat teen die myn be­swaar maak, het gis­ter ge­sê Syl­va­nia het nog nie om­ge­wings­goed­keu­ring by Lim­po­po se de­par­te­ment van e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling, om­ge­wing­sa­ke en toe­ris­me vir die voor­ge­no­me myn ge­kry nie. Syl­va­nia moes die laas­te paar jaar reeds twee keer sy om­ge­wing­stu­dies aan­pas.

Ho­ni­ball sê Syl­va­nia het ook nog nie ’n wa­ter­li­sen­sie nie. Dit be­te­ken hul­le kan nie ’n graaf in die grond druk nie, sê hy.

Die de­par­te­ment sê in sy goed­keu­rings­brief, ge­da­teer 28 Ju­nie, be­lang­heb­ben­des wat teen die myn­reg ge­kant is, moet bin­ne 20 dae (van die da­tum van goed­keu­ring) ap­pèl daar­teen aan­te­ken. Die myn­reg is op 14 Ju­nie goed­ge­keur.

Ho­ni­ball sê dit lyk of die ken­nis­ge­wings­brief te laat aan be­lang­heb­ben­des ge­stuur is en dat hy dit sal ondersoek.

Syl­va­nia wil die myn noord van Nyls­v­ley op die vloed­vlak­te, so­wat 20 km suid van Mo­ko­pa­ne, be­gin.

Dié u­nie­ke vloed­vlak­te is die groot­ste in Suid-A­fri­ka en be­slaan 17 000 ha.

Daar kan hoe­ge­naamd geen spra­ke van e­ni­ge mi­ti­ge­ring of re­ha­bi­li­ta­sie wees nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.