100 wink vir Mar­tie

Woens­dag word sy ’n eeu oud!

Beeld - - VOORBLAD - E­li­se Tem­pel­hoff

Mar­tie van Wyk (99) van Ve­ree­ni­ging “kap aan”, kla min, doen el­ke dag oe­fe­nin­ge, eet ge­sond, slaap ge­noeg en lees el­ke dag haar By­bel en die koe­rant.

Oor­mô­re, op Vrou­e­dag, word sy ’n vol­le eeu oud.

Gis­ter het sy en haar dog­ter, Lil­ly Lou­rens, ’n du­et in die kerk ge­sing. Ná die diens het sy saam met die res van die lid­ma­te van die Em­ma­nu­el AGS-ge­meen­te in Dun­can­vil­le par­ty­tjie ge­hou om haar 100ste ver­jaar­dag te vier.

“Dit was vir haar ’n groot ver­ras­sing,” sê Lou­rens.

Ou­ma Mar­tie, soos al­mal haar ken, is ’n merk­waar­di­ge vrou, ver­tel van die lid­ma­te.

Hul­le het vir haar spe­si­aal ’n ver­jaar­dag­kaart­jie laat druk en elk­een het hul naam daar­in ge­te­ken.

Van Wyk het twee jaar ge­le­de’ n heup­ver­van­gings­o­pe­ra­sie in die Se­bok­eng-staats­hos­pi­taal on­der­gaan en drie maan­de la­ter ge­loop.

Lou­rens sê die o­pe­ra­sie was ’n reu­se­suk­ses. “Die per­so­neel het my ma op die han­de ge­dra.”

Haar ma loop steeds kierts­reg­op, maar se­dert die o­pe­ra­sie soms met ’n kie­rie.

Sy doen steeds el­ke dag die oe­fe­nin­ge wat die fi­si­o­te­ra­peut ná die o­pe­ra­sie aan haar voor­ge­skryf het.

Van Wyk se klein­dog­ter, Hei­le­ne C­han­gui­on (35), sê haar ou­ma het ver­le­de jaar’ n lens ver­van­ging o­pe­ra­sie on­der­gaan en se­dert­dien lees sy weer son­der ’n bril.

Vroe­ër het haar ou­ma in die son ge­sit en haar By­bel met ’n ver­groot­glas ge­lees. “Ek was al­tyd so bang die By­bel raak aan die brand.”

Ou­ma Mar­tie ver­tel sy brei ba­ba­kleer­tjies, ver­koop dit en gee uit dié in­kom­ste el­ke maand haar “tien­de vir die kerk”.

“Ek wil nie een­dag voor die Reg­ter­stoel staan en die He­re iets skuld nie.”

Sy woon ook el­ke Woens­dag die By­bel­stu­die by die kerk by.

Van Wyk sê ar­tri­tis pla haar soms, ver­al as dit koud en nat is.

Sy hou baie daar­van om te­le­vi­sie te kyk, maar Lou­rens span haar ge­reeld in om skot­tel­goed te was. Sy ver­tel lag­gend sy was ge­woon­lik die ka­strol­le en die pan­ne.

Sy bad son­der hulp en maak ook haar ka­mer van hoek tot kant aan die kant.

“Ek kap aan, net soos my sus­ter, Cat­her­i­na Nor­tjé, wat 98 jaar oud is, en my broer, Wil­lem Pot­gie­ter (91).

Van Wyk het 37 na­sa­te.

Fo­to: GUSTAF TEM­PEL­HOFF

Mar­tie van Wyk (99) by haar dog­ter, Lil­ly Lou­rens, en klein­dog­ter, Hei­le­ne C­han­gui­on.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.