JZ be­soek ‘pa van be­vry­ding­stryd in A­fri­ka’

Beeld - - NUUS - Sa­rel van der Walt

Pres. Ja­cob Zu­ma het Zam­bië se oud­pres. Ken­neth Kaun­da die na­week in sy huis in Lu­sa­ka gaan be­soek.

Zu­ma was op uit­no­di­ging van pres. Ed­gar Lun­gu op ’n werk­be­soek aan die land.

Die 93-ja­ri­ge Kaun­da is on­langs uit die hos­pi­taal ont­slaan.

“Dit was lek­ker om die pa en die i­koon van die be­vry­ding­stryd in A­fri­ka te sien,” het Zu­ma in ’n ver­kla­ring van die pre­si­den­sie ge­sê.

Hy het Kaun­da, wat van 1964 to 1991 pre­si­dent was, be­ter­skap toe­ge­wens.

Kaun­da was glo op­ge­ruimd. Die ANC het in die st­rug­gle baie noue ban­de met Zam­bië ge­had toe Kaun­da nog pre­si­dent was.

Die ANC se hoof­kan­toor was in Lu­sa­ka toe die par­ty nog ’n ver­bo­de or­ga­ni­sa­sie in Suid-A­fri­ka was.

Kaun­da was Zam­bië se eer­ste pre­si­dent.

Toe oud­pres. Nel­son Man­de­la in 1990 ná 27 jaar uit die tronk vry­ge­laat en die ANC ont­ban is, was Zam­bië die eer­ste land wat hy be­soek het om hom vir sy rol in die be­vry­ding­stryd te be­dank.

Op sy be­soek het Zu­ma Zam­bië se 91ste land­bou­ten­toon­stel­ling in Lu­sa­ka ge­o­pen.

Sen­ze­ni Zokwa­na, mi­nis­ter van land­bou, bos­bou en vis­se­rye, het Zu­ma ver­ge­sel.

So­wat 120 Suid-A­fri­kaan­se kom­mer­si­ë­le boe­re het land­bou­be­lan­ge in Zam­bië, het dr. T­heo de Ja­ger, voor­sit­ter van A­gri All A­fri­ca, gis­ter ge­sê.

“Pres. Lun­ga is die Suid-A­fri­kaan­se boe­re baie goed­ge­sind.”

Zu­ma het ook ge­sprek­ke oor ’n ver­skei­den­heid sa­ke met Lun­ga ge­voer.

Hy het eer­gis­ter­aand na P­re­to­ria te­rug­ge­keer.

Fo­to: GCIS

Pres. Ja­cob Zu­ma die na­week by oud­pres. Ken­neth Kaun­da (93) van Zam­bië in sy huis in Lu­sa­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.