‘Be­kyk Zu­mas se sa­ke’

MAIMANE VRA ONDERSOEK JZ help glo werk van staat kry

Beeld - - NUUS - Sa­rel van der Walt

M­mu­si Maimane, DA-lei­er, sê hy gaan die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) vra om ondersoek in te stel na be­we­rings dat pres. Ja­cob Zu­ma sy fa­mi­lie­le­de ge­help het om staats­kon­trak­te te be­kom.

Maimane het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê dit het aan die lig ge­kom dat Zu­ma ver­hou­din­ge tus­sen le­de van die ka­bi­net en van sy fa­mi­lie­le­de be­gin en on­der­steun het om staats­kon­trak­te en an­der fi­nan­si­ë­le voor­deel vir hul­le en hom­self te ver­se­ker.

Hy sê Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, is in be­sit van ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring van B­rent Si­mons, ’n voor­ma­li­ge hoof­di­rek­teur in die de­par­te­ment van staats­diens en ad­mi­nis­tra­sie, waar­in Si­mons be­weer Zu­ma praat nie die waar­heid as hy sê hy het nie sy fa­mi­lie­le­de ge­help om kon­tak met ka­bi­nets­le­de te maak om staats­kon­trak­te te ver­se­ker nie.

Maimane eis dat M­be­te die in­houd van die be­ë­dig­de ver­kla­ring be­kend maak.

Hy wil hê die OB, adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, moet ’n vol­le­di­ge ou­dit doen van tran­sak­sies tus­sen die staat en le­de van Zu­ma se fa­mi­lie – spe­si­fiek dié van Du­du­za­ne, K­hu­lu­bu­se, sy broers­kind, as­ook M­qon­di­si.

“Si­mons be­weer on­der eed dat hy teen­woor­dig was toe Zu­ma fa­mi­lie­le­de ge­stuur het om ver­skeie ka­bi­nets­le­de te ont­moet met die doel om sa­ke­tran­sak­sies met die re­ge­ring te be­spreek en te ver­se­ker.

“Dit sluit drei­ge­men­te teen staats­amp­te­na­re in.

“Si­mons be­weer dat dié ver­hou­din­ge Zu­ma, sy fa­mi­lie­le­de en vrien­de ’n reg­streek­se, kor­rup­te en on­reg­ver­di­ge sa­ke­voor­deel tot na­deel van die pu­bliek ge­gee het.”

Die ont­hul­lings dra by tot ’n lan­ger wor­den­de lys van erns­ti­ge oor­tre­dings teen Zu­ma wat mee­bring dat hy van sy amp ont­hef moet word, sê Maimane.

“In Ja­cob Zu­ma het ons ’n pre­si­dent wat geen re­spek vir die reg het nie.

“Hy is net daar­op ge­fo­kus om hom­self en dié na aan hom te ver­ryk, ter­wyl mil­joe­ne Suid-A­fri­ka­ners in ar­moe­de en werk­loos­heid vas­ge­vang is,” sê Maimane.

Fo­to: WIKUS DE WET

M­mu­si Maimane

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.