Ke­nia hou a­sem op voor ver­kie­sing

Beeld - - NUUS - Sa­rel van der Walt

Ke­nia staal hom vir een van die be­lang­rik­ste ver­kie­sings in sy ge­skie­de­nis.

Pres. U­hu­ru Ke­ny­at­ta hoop om mô­re vir ’n twee­de ter­myn van vyf jaar ver­kies te word. Sy teen­stan­der, die voor­ma­li­ge pre­mier Rai­la O­din­ga (ODM), hoop om ná drie vo­ri­ge on­suk­ses­vol­le pro­beer­slae pre­si­dent te word.

Ke­nia se grond­wet be­paal dat daar el­ke vyf jaar op die twee­de Dins­dag in Au­gus­tus ’n al­ge­me­ne ver­kie­sing ge­hou word waar­in on­der an­de­re die pre­si­dent, vi­se­pre­si­dent en 337 par­le­ments­le­de ver­kies word.

’n K­waai stryd word tus­sen hul­le ver­wag.

Ke­ny­at­ta loop vol­gens aan­dui­dings in hier­die sta­di­um met ’n kort­kop voor.

Die vo­ri­ge ver­kie­sing, in 2013, het hoof­saak­lik vreed­saam ver­loop na­dat so­wat 1 200 men­se ná die ver­kie­sing van 2007 ge­sterf en 500 000 dak­loos ge­laat is in die ge­weld tus­sen hoof­saak­lik die Ki­koe­joes en Lu­os, twee van die land se groot­ste stam­me.

Die 55-ja­ri­ge Ke­ny­at­ta, seun van Jo­mo Ke­ny­at­ta, wat in 1963 Ke­nia se eer­ste pre­si­dent ge­word het, be­hoort tot die Ki­koe­joe-stam en O­din­ga (72) is ’n Luo.

Drie van die vier pre­si­den­te wat Ke­nia se­dert Jo­mo Ke­ny­at­ta ge­had het, was Ki­koe­joes. Nie een Luo was al suk­ses­vol in ’n pre­si­dents­ver­kie­sing nie, be­rig The Washing­ton Post.

Die Ki­koe­joes maak 22% van die be­vol­king uit en die Lu­os 13%.

Daar is i­de­o­lo­gies ge­spro­ke nie veel ver­skil tus­sen die twee kan­di­da­te nie.

Ke­ny­at­ta en Wil­li­am Ru­to, die vi­se­pre­si­dent, is ná die ge­weld­ple­ging in 2007 deur die In­ter­na­si­o­na­le Straf­hof aan­ge­kla, maar die saak teen hul­le is la­ter weens ’n ge­brek aan ge­tui­e­nis laat vaar.

Die moont­lik­heid van ge­weld met mô­re se ver­kie­sing het ver­groot toe Chris M­san­do, ’n IKT-hoof van die ver­kie­sings kom­mis­sie, ver­moor is.

Dit is nog nie be­kend of die moord e­nig­iets met die ver­kie­sing te doen ge­had het nie.

Die BBC be­rig in Nai­ro­bi en an­der ste­de­li­ke ge­bie­de het baie men­se uit­ge­wyk na ge­bie­de waar hul stam die meer­der­heid vorm.

O­din­ga, wat van 2008 tot 2013 pre­mier was, het al laat blyk die e­nig­ste ma­nier waar­op hy die ver­kie­sing kan ver­loor, is as daar met die stem­me ge­peu­ter word.

Hy het met die vo­ri­ge ver­kie­sing met se­we per­sen­ta­sie­pun­te teen Ke­ny­at­ta ver­loor.

Suid-A­fri­ka se oud­pres. T­ha­bo M­be­ki is een van 90 waar­ne­mers van die A­fri­ka-U­nie wat die ver­kie­sing by­woon.

Die ver­kie­sings­veld­tog t eis Sa­ter­dag af­ge­sluit.

Fo­to: REUTERS

Rai­la O­din­ga

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.