Weg­hol­oor­win­ning vir Paul Ka­ga­me in R­wan­da

Beeld - - NUUS -

R­wan­da se pres. Paul Ka­ga­me het in Vry­dag se pre­si­dents­ver­kie­sing ’n weg­hol­oor­win­ning be­haal.

Ka­ga­me het 98,6% van die stem­me op hom ver­e­nig en is vir ’n der­de ter­myn tot pre­si­dent ver­kies.

By­kans 6,8 mil­joen men­se het vir die ver­kie­sing ge­re­gis­treer.

Ka­ga­me is al die af­ge­lo­pe 17 jaar pre­si­dent.

Die 59-ja­ri­ge Ka­ga­me het in 1994 ’n re­bel­le-weer­mag ge­lei wat ’n ein­de ge­maak het aan die volks­moord in R­wan­da waar­in so­wat 800 000 men­se dood is.

Hoe­wel die land on­der sy pre­si­dent­skap op e­ko­no­mie­se ge­bied groot voor­uit­gang ge­maak het, word Ka­ga­me daar­van be­skul­dig dat hy nie die op­po­si­sie duld nie. Hy word ook van men­se­reg­te­sken­ding s be­skul­dig.

Ka­ga­me kon vir ’n der­de ter­myn ver­kies word om­dat R­wan­da se grond­wet ná ’n re­fe­ren­dum in 2015 aan­ge­pas is om dit moont­lik te maak. Daar was aan­vank­lik ’n be­per­king van twee ter­my­ne.

Dank­sy die ver­an­de­rings aan die grond­wet kan Ka­ga­me nou vir ’n ter­myn van se­we jaar re­geer en daar­na vir nog twee ter­my­ne van vyf jaar elk. Dit kan be­te­ken die R­wan­de­se staats­hoof kan tot 2034 aan die be­wind bly. Hy sal dan 77 jaar oud wees.

Se­dert Ka­ga­me in 2000 pre­si­dent ge­word het, het die land dank­sy toe­ris­me, myn­bou en die ver­bou­ing van tee en kof­fie ’n ge­mid­del­de groei­koers van 7% per jaar ge­had.

Die In­ter­na­si­o­na­le Mo­ne­tê­re Fonds voor­spel dit sal van­jaar 6,1% wees.

Pres. Paul Ka­ga­me

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.