Ma­di­ba se graf word op­ge­knap vir pu­bliek

Beeld - - NUUS -

Oud­pres. Nel­son Man­de­la se graf in Qu­nu in die Oos-Kaap word tans op­ge­knap as deel van die plan­ne om dit ter vie­ring van sy 100ste ver­jaar­dag aan­staan­de jaar vir die pu­bliek oop te stel.

Tot dus­ver kon slegs sy fa­mi­lie en vrien­de sy graf op sy plaas na­by Mt­ha­tha se­dert sy dood in De­sem­ber 2013 be­soek.

Kon­struk­sie­werk word tans in die be­graaf­plaas ge­doen.

N­da­ba Man­de­la, een van Ma­di­ba se klein­kin­ders, het be­ves­tig dat op­gra­de­rings ge­doen word so­dat die pu­bliek die graf kan be­soek.

“Ons hoop dat die be­graaf­plaas voor Man­de­la­dag (18 Ju­lie) vol­gen­de jaar ge­reed sal wees.

“Daar is nog baie wat ge­doen moet word, en ons sa­mel steeds geld in daar­voor. Hier­die din­ge neem tyd,” het hy ge­sê.

Man­de­la het by­ge­voeg dat die fa­mi­lie se­ker wil maak dat daar skui­lings is waar die be­soe­kers kan sit as­ook ’n tuin en an­der ge­rie­we soos lo­pen­de wa­ter voor­dat die pu­bliek daar toe­ge­laat word.

Hy wou nie sê hoe­veel die pro­jek gaan kos of hoe­veel geld nog be­no­dig word nie.

N­ko­si­ka­zi Nokwa­ne­le Ba­li­zu­lu, die stam­lei­er van Qu­nu wie se huis op die voor­stoep van Ma­di­ba se huis langs die N2 tus­sen Mt­ha­tha en OosLon­den is, het ge­sê sy is be­wus van die kon­struk­sie­werk in die be­graaf­plaas, maar die ko­nink­li­ke fa­mi­lie is nog nie amp­te­lik in ken­nis ge­stel nie.

‘Die e­nig­ste in­lig­ting wat ek on­langs op ’n ver­ga­de­ring in die Nel­son Man­de­la Mu­seum ge­kry het, was dat Ma­di­ba se graf op­ge­knap gaan word so­dat die pu­bliek dit kan be­soek.

“Meer as dit weet nie ek of e­ni­ge van die in­wo­ners nie,” het Ba­li­zu­lu ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.