Mas­ha­ti­le stel hom ver­kies­baar

Beeld - - NUUS -

Paul Mas­ha­ti­le, voor­sit­ter van die ANC in Gau­teng, is oor­ge­haal om sy teen­stan­ders vir die po­si­sie as die vol­gen­de ANC-pre­si­dent te ta­kel.

Mas­ha­ti­le het aan Ci­ty P­ress ge­sê hy stel hom­self ver­kies­baar vir e­ni­ge po­si­sie in die top­ses en dat hy selfs hoop om ver­kies te word as pre­si­dent na­dat pres. Ja­cob Zu­ma in De­sem­ber uit­tree.

Hy is die agt­ste kan­di­daat en moet nou mee­ding met die voor­lo­pers, adj. pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa en N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Z u ma, die voor­ma­li­ge kom­mis­sie voor­sit­ter van die A­fri­ka-U­nie.

Die ANC in Gau­teng se pro­vin­si­a­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (PUK) het on­langs be­sluit Mas­ha­ti­le moet na Lut­hu­li-huis be­vor­der word.

Die pro­vin­sie het voor­heen be­plan om druk uit te oe­fen dat ver­skeie PUK-le­de in die na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK) dien, be­rig Ci­ty P­ress.

“Die par­ty­struk­tu­re het nie ge­spe­si­fi­seer wat­ter po­si­sie in die NUK nie, maar as hul­le die po­si­sie van pre­si­dent spe­si­fi­seer, sal ek nie nee sê nie,” het Mas­ha­ti­le Don­der­dag ge­sê.

Paul Mas­ha­ti­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.