Win­nie se huis sal glo nog ’n mu­seum word

Beeld - - NUUS - – An­dré Da­mons

Die O­n­af­hank­li­ke Ont­wik­ke­lings­trust (OOT) is steeds daar­toe ver­bind om voort te gaan met die werk aan Win­nie Ma­di­ki­ze­la-Man­de­la se Brand­fort-huis, wat al ja­re lank bou­val­lig is en leeg staan.

Die huis in P­hu­tak­hahle, Brand­fort, waar Ma­di­ki­ze­la-Man­de­la van 1977 tot 1985 in huis­ar­res was, sou in ’n mu­seum om­ge­skep word na­dat ’n ten­der van meer as R2 mil­joen in 2013 vir die pro­jek be­wil­lig is.

Die re­stou­ra­sie­werk aan ’n kli­niek op die erf wat in die a­part­heids­ja­re deur ’n bom be­ska­dig is, is boon­op ook nie ge­doen nie en die ver­bran­de mu­ra­sie staan nog in on­bruik.

Van ’n be­plan­de jeug­sen­trum aan die an­der kant van die huis het daar weens ’n geld­te­kort ook da­dels ge­kom.

Die OOT sê in ’n ver­kla­ring die Win­nie Man­de­la-mu­seum, wat hy na­mens die de­par­te­ment van kuns en kul­tuur wil in­stel, bly ’n be­lang­ri­ke pro­jek vir die OOT en die ge­meen­skap van Brand­fort en Suid-A­fri­ka.

Die huis is tans ver­la­te en word glo deur mis­da­di­gers en as ’n seks­plek ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.