‘Ek gaan dit weer en weer doen’

MANYONGA VOOR GOUD: El­ke sprong aan seun­tjie op­ge­dra

Beeld - - NUUS - Na­di­ne T­heron

Lu­vo Manyonga (26) se fa­mi­lie het ge­weet hy gaan Sa­ter­dag ’n oor­win­ning be­haal op die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sie s( I AA F) se Wê­reld­kam­pi­oen­skap in Lon­den, want hy het vir hul­le ge­sê hy gáán.

Lu­vo het Sa­ter­dag goud ge­wen met ’n reu­se­sprong van 8,48 m in die sand­put.

“Hy het ons ge­bel en ge­sê ons moet na sy deel­na­me kyk, want hy gaan dit weer doen,” sê sy sus­ter, Vuyi­se­ka.

Lu­vo het in 2016 op die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro ’n sil­wer­me­dal­je los­ge­spring.

“Hy het ge­sê hy gaan dit weer en weer en weer doen,” het Vuyi­se­ka gis­ter­og­gend ge­sê voor die huis waar­in hul­le in M­be­kwe­ni in die Paarl groot­ge­word het.

Haar fa­mi­lie het Sa­ter­dag by Lu­vo se neef in Ny­an­ga gaan kyk hoe hy deel­neem.

“Dit was ’n on­ver­geet­li­ke oom­blik,” sê Vuyi­se­ka. “Hy is baie goed, so ons het ge­weet hy gaan wen.”

Lu­vo het op ho­ër­skool al be­gin uit­blink as ver­sprin­g­at­leet en in 2010 ’n goue me­dal­je op die IAAF se Ju­ni­or Wê­reld­kam­pi­oen­skap in­ge­oes.

In 2012 is hy vol­gens die IAAF se web­werf vir 18 maan­de uit at­le­tiek­deel­na­me ge­skors na­dat hy po­si­tief ge­toets is vir die dwelm tik.

Sy skor­sing was skaars op­ge­hef of sy steun­pi­laar-af­rig­ter, Ma­rio S­mith van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch, is in Ju­nie 2014 in ’n mo­tor­on­ge­luk dood.

Ná vier jaar se af­we­sig­heid uit pro­fes­si­o­ne­le at­le­tiek het Lu­vo skep­ti­ci in 2016 ver­stom met ’n won­der­baar­li­ke te­rug­keer na ver­spring.

Na­dat hy ’n sil­wer­me­dal­je in Rio ge­wen het, het hy van­jaar sy per­soon­li­ke bes­te af­stand, wat ook ’n A­fri­ka-re­kord was, op die Suid-A­fri­kaan­se kam­pi­oen­skap in Pot­chef­stroom met 3 cm ver­be­ter tot by 8,65 m.

Hul pa, John, was in sy jong dae ’n rug­by­spe­ler.

“S­port is in ons bloed,” sê Vuyi­se­ka, wat nes haar ma ’n na­el­lo­per was.

Hul pa het ’n vurk­hy­ser vir ’n kon­struk­sie­maat­skap­py be­stuur en hul ma, Joy­ce, is ’n huis­wer­ker.

“Lu­vo het eers net aan die na­el­lo­pe by die Des­mond M­pi­lo Tu­tu Se­con­da­ry S­chool deel­ge­neem. Daar­die tyd was ver­spring ’n nu­we ding in swart sko­le,” sê Vuyi­se­ka.

“Hy het be­sluit om ver­spring te pro­beer en het al­mal ver­ras deur so goed te wees daar­in.

“As kind was hy baie stil en het maar min vrien­de ge­had,” sê sy oor haar jon­ger broer. Hul­le het ook ’n ou­er broer, Si­vuyi­le.

Sy ver­tel Lu­vo het in A­pril vir haar ’n groot boks sjo­ko­la­de en vrug­te laat af­le­wer.

Lu­vo woon dees­dae in P­re­to­ria, maar hy bel en W­hat­sApp sy fa­mi­lie in die Kaap ge­reeld.

Vuyi­se­ka sê hy het in Gau­teng ’n vrien­din wat ’n pro­fes­si­o­ne­le net­bal­spe­ler is en wat op die oom­blik by hom in Lon­den is.

Vol­gens die IAAF is el­ke sprong van Lu­vo aan sy seun, Lin­do­kuhle (5), op­ge­dra.

Lu­vo hoop hy sal ho­ër­skool self een­dag vol­tooi.

“Ek wil nie hê hy moet in die­self­de strik as ek trap nie,” het hy aan die IAAF oor sy seun ge­sê.

“As ek be­gin hard­loop om te spring, voel dit of ek na vry­heid spring, weg daar­van om te­rug­ge­hou te word.”

In­tus­sen staan die he­le ge­meen­skap van P­ho­la Park in M­be­kwe­ni ag­ter hom. “Die he­le ge­meen­skap kyk el­ke keer as Lu­vo deel­neem na die by­een­koms op die te­le­vi­sie in die sje­bien en gis­ter­aand het ons groot fees ge­vier,” sê Vuyi­se­ka.

“Hy laat weet al­mal al­tyd op Fa­ce­book so­dat ons weet wan­neer en waar om te kyk,” sê sy. “Hy maak ons al­mal baie trots. Ek hoop hy bou nou vir ons ’n groot nu­we huis so­dat ons ma uit­ein­de­lik kan ont­span.”

Fo­to: REUTERS

Lu­vo Manyonga ná sy wensprong Sa­ter­dag op die Wê­reld­kam­pi­oen­skap in Lon­den.

Fo­to: NA­DI­NE T­HERON

Vuyi­se­ka Manyonga, Lu­vo se sus­ter, sê haar broer stuur ge­reeld vir hul­le ge­sken­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.