Sa­randon was hier, spog Kaap ná fo­to’s

Beeld - - NUUS - Can­di­ce Be­zui­den­hout

Die ak­tri­se en ak­ti­vis Su­san Sa­randon het Kaap­stad se men­se in die af­ge­lo­pe week op hol ge­had toe sy fo­to’s van haar on­lang­se be­soek daar op In­sta­gram ge­laai het.

P­rent­jie­mooi fo­to’s van on­der meer grys wol­ke wat oor die ber­ge van Hout­baai saam­pak, het op die Hol­ly­wood-ster se blad ge­pryk.

Die 70-ja­ri­ge Sa­randon het ook nie op haar laat wag om aan Kaap­stad se a­von­tu­re deel te neem nie.

Sy het ’n fo­to ge­plaas van waar sy ge­reed­maak om oor die At­lan­tie­se O­se­aan te val­skerm­sweef met die on­der­skrif: “Ver­trek.”

Sy het ook die Bo-Kaap be­soek en ’n kleur­ry­ke fo­to van groen en pienk hui­se met “Kaap­stad, Wes-Kaap” as on­der­skrif, met haar 833 000 vol­ge­lin­ge ge­deel.

“Ons is so bly om jou hier te hê!” is Noor­a­nis­haik se kom­men­taar op een van die fo­to’s.

An­der vol­ge­lin­ge het ook bood­skap­pe van ver­wel­ko­ming op Sa­randon se blad ge­plaas en haar wen­ke ge­gee oor wat­ter be­siens­waar­dig­he­de sy kan be­soek.

Sa­randon toer tans deur A­fri­ka om hul­de te bring aan haar broer, Ter­ry To­ma­lin, wat in Mei 2016 aan ’n hart­aan­val dood is ter­wyl hy en sy seun, Kai, ’n men­se red­dings kur­sus ge­volg het.

Op 24 Ju­lie het Sa­randon op die so­si­a­le­me­dia-plat­form ge­skryf: “Op pad na A­fri­ka met fa­mi­lie om hul­de te bring aan my broer, Ter­ry. Sien jul­le daar.” Sy het haar toer af­ge­skop met ’n be­soek aan U­gan­da, waar­na sy ’n draai ge­maak het in Nai­ro­bi, Ke­nia, so­wel as die N­gor­on­goro-kra­ter in Tan­za­nië.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Su­san Sa­randon

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.