Baie soek ver­mis­te

PTA­WIN­KE­LIER VERDWYN, MO­TOR UITGEBRAND Der­de sa­ke­man ou­er as 70 wat ont­voer is

Beeld - - NUUS - Han­ti Ot­to O­mar Car­rim se uit­ge­bran­de mo­tor is la­ter in die veld na­by S­chur­veberg, wes van P­re­to­ria, ge­vind.

“Ons bid dat ons pa vei­lig te­rug­keer.”

Dit was die stil­le be­de van O­mar Car­rim se fa­mi­lie na­dat hy Don­der­dag ver­moe­de­lik ont­voer is.

Die 76-ja­ri­ge sa­ke­man van P­re­to­ria word steeds ver­mis.

Hy is die der­de In­di­ër-sa­ke­man ou­er as 70 jaar wat se­dert Ju­nie in die land ont­voer is.

Die ge­meen­skap be­gin vrees dat ’n sin­di­kaat ag­ter die ont­voe­rings is.

“Oom O­mar se ver­dwy­ning is net te fyn be­plan om nié ’n pro­fes­si­o­ne­le job te wees nie,” het ’n man die ge­meen­skap se vre­se gis­ter ver­woord.

Car­rim, ei­e­naar van die Ho­me Hy­per Ci­ty-ma­te­ri­aal­win­kel in P­re­to­ri­us­straat, het die on­der­ne­ming Don­der­dag­mid­dag om 17:45 in sy Mer­ce­des-Benz-mo­tor ver­laat, maar nooit by sy huis in Lau­di­um, suid­wes van die stad, op­ge­daag nie.

Sy twee sel­fo­ne was af en die fa­mi­lie, die ge­meen­skap, die po­li­sie en pri­va­te vei­lig­heid s maat­skap­pye het teen 19:30 in al­ler yl na hom be­gin soek.

Die sein van een van sy sel­fo­ne is laas na­by 1 Mi­li­tê­re Hos­pi­taal in T­ha­ba Tshwa­ne (Voor­trek­ker­hoog­te) op­ge­vang.

Hier is Car­rim se bril, sel­foon­sak­kie en bloed­spat­sels aan­ge­tref.

Sa­ter­dag is sy sil­wer­kleu­ri­ge mo­tor uitgebrand in die veld in S­chur­veberg na­by Hart­bees­poort ge­kry.

Ter­wyl fo­ren­sie­se kun­di­ges die to­neel ondersoek het, het hon­der­de le­de van die ge­meen­skap die veld tot by die Hen­nops­ri­vier ge­fyn­kam.

Gis­ter­og­gend is hul­le weer soon­toe.

“Dit (die uit­ge­bran­de mo­tor) is al wat ons het. Daar is geen an­der lei­draad nie,” het een van die soe­kers ge­sê.

S­ha­heed Joosub van die vei­lig­heid s maat­skap­py S­wats S­pe­ci­al O ps het die men­se, wat le­de van die vry­wil­li­ger or­ga­ni­sa­sie K 9 Se ar c h& Res­cue, gry­se s met kie­ries en jon­ge smet vier wiel mo­tor­fiet­se in­ge­sluit het, toe­ge­spreek.

“Ons sal ver­al die ge­bied na­by die ri­vier moet fyn­kam. Ons sal moet dink soos ’n mis­da­di­ger en uit­kyk vir e­nig­iets wat ’n aan­dui­ding kan gee van waar oom O­mar kan wees,” het hy ge­sê.

Op die to­neel waar Car­rim se mo­tor uitgebrand het, het stuk­ke ge­smel­te staal en rub­ber ge­lê.

“As sy mo­tor ge­kaap is, hoe­kom sou hul­le die kar ver­brand? Jy kaap ’n kar juis om die kar te kry,” het men­se be­spie­gel.

’n Fa­mi­lie­lid wat help soek het, het ge­sê hul­le kry e­mo­si­o­neel swaar.

“Daar is nog geen te­ken van le­we nie, maar ook geen te­ken dat hy dood is nie, so ons bly glo,” het hy ge­sê.

Daar was la­ter ge­rug­te dat een van Car­rim se seuns ’n op­roep ge­kry het wat glo sou be­ves­tig dat die ont­voer­de man nog leef.

Yu­suf A­bram­jee, die fa­mi­lie­woord­voer­der, het eg­ter gis­ter laat ge­sê die fa­mi­lie dra geen ken­nis van so ’n op­roep nie.

“Daar­die in­lig­ting is on­be­ves­tig en be­na­deel die ondersoek net,” het hy ge­sê.

Die fa­mi­lie het al­mal wat by die soek­tog be­trok­ke is in ’n ver­kla­ring be­dank.

“Par­ty help soek, an­der bid, die po­li­sie werk 24/7,” sê hul­le.

Kapt. Kay Mak­hu­be­le, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê geen mens­li­ke oor­skot is in Car­rim se uit­ge­bran­de mo­tor ge­kry nie.

“Ons ondersoek ’n saak van roof en ont­voe­ring en hoe­wel daar nog geen kon­tak met die ont­voer­ders was nie, volg ons al­le lei­dra­de op,” het hy ge­sê.

) Sa­deck Z­haun Ahmed van Kaap­stad is op 25 Ju­lie deur ’n groep ge­wa­pen­de mans in ’n bak­kie ge­dwing.

Die 71-ja­ri­ge is die ei­e­naar van Z­haun’s Bu­si­ness Op­por­tu­ni­ty Ma­chi­nes in Wood­stock. Sy fa­mi­lie is ’n paar dae la­ter deur men­se ge­kon­tak wat ’n los­prys ge­ëis het.

Hy word steeds ver­mis.

) In Ju­nie is ’n 80-ja­ri­ge man van Ma­hi­keng ont­voer.

Die be­weer­de ont­voer­ders is in heg­te­nis ge­neem kort na­dat hul­le ’n los­prys ge­ëis het.

) Die ge­lief­de win­ke­lier Al­wyn Koor­eys­hi (70) is op 23 Ju­lie in sy huis in Wol­ma­rans­stad in Noord­wes ver­moor ter­wyl sy vrou en dog­ter in hul eie mo­tor na kits­ban­ke in die dorp ge­dwing is om geld vir die ro­wers te trek.

Agt men­se is vas­ge­trek.

O­mar Car­rim

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.