Ka­per brand U­ber­be­stuur­der erg met che­mi­ka­lieë

Beeld - - NUUS - Je­a­nel­le G­rey­ling

’n U­ber-be­stuur­der (33) van Jo­han­nes­burg het gis­ter­og­gend erns­ti­ge che­mie­se brand­won­de in ’n ka­ping op­ge­doen.

Hy het langs die pad ge­lê toe pa­ra­me­di­ci en vei­lig­heids­per­so­neel le­de van die maat­skap­py Su­bur­ban C ont­rol C en­t­re( SC P) net ná 02:00 op die to­neel in Mil­ner­weg, Rand­burg, op­daag, sê Wer­ner Ver­maak, ’n woord­voer­der van ER24.

“Hy het erns­ti­ge che­mie­se brand­won­de aan sy ge­sig en han­de op­ge­doen,” sê Ver­maak.

Die SCP sê op Fa­ce­book die be­stuur­der het ’n pas­sa­sier wat kon­tant sou be­taal, by ’n vul­sta­sie in Gor­don­weg, Berg­bron, op­ge­laai.

“Nie net het die man­li­ke pas­sa­sier hom ge­kaap nie, maar hy het che­mi­ka­lieë oor die U­ber-be­stuur­der se ge­sig, nek en arms ge­gooi en er­ge pyn ver­oor­saak,” lui die in­skry­wing.

Die SCP het melk en koek­so­da op die won­de ge­gooi om die che­mi­ka­lieë te neu­tra­li­seer.

Dit was baie ont­stel­lend om die won­de te sien, sê die SCP.

Die U­ber-be­stuur­der word in die He­len Jo­seph-hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg be­han­del.

Sa­man­tha Al­len­berg, woord­voer­der van U­ber A­fri­ka, sê die voor­val is baie ont­stel­lend.

Al­len­berg wou van­weë U­ber se pri­vaat­heid s be­lei­de n uit re­spek vir die fa­mi­lie nie die slag­of­fer se naam be­kend maak nie.

“Ons ondersoek die voor­val en het die fa­mi­lie ge­kon­tak om ons on­der­steu­ning te bied en uit te vind hoe dit met hom gaan,” sê Al­len­berg.

“Ons is ge­reed om die po­li­sie te help met e­ni­ge in­lig­ting wat hul­le vir hul ondersoek no­dig het.”

Kapt. Kay Mak­hu­be­le, Gau­teng­se po­li­sie­woord­voer­der, sê hul­le ondersoek ’n saak van ka­ping en po­ging tot moord.

Die ka­per is nog voort­vlug­tig en die be­stuur­der se sil­wer­kleu­ri­ge Toyo­ta Corol­la is steeds soek.

) Die U­ber-be­stuur­der P­hum­zi­le K­go­a­di (41) het so­wat twee we­ke ge­le­de ook che­mie­se brand­won­de op­ge­doen toe haar pas­sa­sier ’n vloei­stof oor haar ge­gooi en dit met ’n aan­ste­ker aan die brand ge­steek het.

Haar sil­wer­kleu­ri­ge Toyo­ta Corol­la is ook ge­kaap, maar 20 mi­nu­te la­ter op­ge­spoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.