Kon­sert by dam weer suk­ses

Beeld - - NUUS - Ü­gen Vos

Ja­ca­ran­da FM se kon­sert Lief­de by die dam ten ba­te van lief­da­dig­heid was gis­ter weer ’n reu­se­suk­ses.

Die kon­sert, wat by die Em­ma­ren­tia dam in Jo­han­nes­burg ge­hou is, het mu­siek­lief­heb­ber s van al­le ou­der­dom­me die ge­leent­heid ge­gee om­hul guns­te­ling mu­si­kan­te in le­wen­de ly we­te sien.

Die prop­vol pro­gram het Ma­jo­zi, Jo Black, JR, Ri­a­na Nel, Lau­ri­ka Rauch, Lo­ki Roth­man, T­re­sor, Fran­cois van Co­ke en die Heu­wels Fan­tas­ties in­ge­sluit.

Kon­sert­gan­gers is net soos ver­le­de jaar aan­ge­moe­dig om hul piek­niek­kom­ber­se aan wel­syns­or­ga­ni­sa­sie ste skenk.

Die lief­da­dig­heid s veld­tog Lief­de wen al­tyd, wat deur Bou­wer Bosch be­stuur word, was ver­le­de jaar ’n weg­hol­suk­ses.

Hon­der­de kom­ber­se is toe in­ge­sa­mel en ge­skenk.

Die or­ga­ni­seer­ders hoop om van­jaar selfs meer te ver­mag.

Hul­le het ook ’n kom­pe­ti­sie, Lief­de wen al­tyd, be­gin wat kon­sert­gan­gers aan­moe­dig om ’n fo­to van waar hul­le ’n on­baat­sug­ti­ge daad ver­rig op die kon­sert se Fa­ce­book­blad, In­sta­gram of T­wit­ter te plaas met die amp­te­li­ke huts­mer­ke #Lief­deWen en #Lief­deByDieDam.

As be­lo­ning het hul­le die kans ge­staan om pry­se te wen – van gra­tis kaart­jies en Lief­de wen-ar­ti­kels tot ’n pri­va­te ver­to­ning deur die Heu­wels Fan­tas­ties, wat ’n groot rol in die kon­sert­re­ë­lings speel.

Kon­sert­gan­gers soos Kee­gan Jan­se van Rens­burg en Re­na­té Gro­bler (al­bei 19), wat van P­re­to­ria af ge­ry het, het ge­sê dit was ’n won­der­li­ke er­va­ring en hul­le gaan be­slis vol­gen­de jaar weer kaart­jies kry.

Van­jaar het som­mi­ge mu­si­kan­te saam­ge­werk, soos Rauch en Roth­man, ’n veel­sy­di­ge ki­taar­spe­ler, en die Heu­wels Fan­tas­ties en die Suid-A­fri­kaan­se hip hop-sen­sa­sie JR.

Som­mi­ge mu­si­kan­te het hul be­won­de­raars per­soon­lik ont­moet, fo­to’s saam met hul­le ge­neem en CD’s ge­te­ken.

Die “A­fri­kaan­se hip­ster” Jo Black het jong be­won­de­raars, soos Wil­lem Min­naar (4), Dy­lan (7) en Di­on (10) Loe­dolff, Wal­do Coet­zee (7) en Seth T­ho­mas (5) ont­moet.

Jo Black het by­na oor­nag ’n mu­siek­sen­sa­sie ge­word toe hy Ka­ren Zoid met sy eer­ste mu­siek­vi­deo, die en­kel­snit “S­ke­pe”, op iTu­nes ont­troon het.

“Ons het al te­vo­re op sul­ke lief­da­dig­heids­kon­ser­te op­ge­tree, maar hier heers ’n baie spe­si­a­le at­mos­feer,” het De­on Dee, ’n lid van Jo Black se groep, ge­sê.

“Ons is on­ge­loof­lik dank­baar vir al­mal wat ons on­der­steun en dit is een ma­nier waar­op ons iets aan die ge­meen­skap kan te­rug­gee.”

Fo­to: LISA HNATOWICZ

Jo Black gee een van sy CD’s aan Wil­lem Min­naar (4).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.