Nie­mand nog vas oor moord op Wie­se

Beeld - - NUUS - – El­sa­bé B­rits

Die po­li­sie het nie­mand nog aan­ge­keer weens die moord op E­ric Wie­se (80) Vry­dag­mid­dag nie. Hy is in sy huis in Hig­go­va­le, Kaap­stad, aan­ge­val.

Lt.kol. An­drè Traut, Wes-Kaap­se po­li­sie­woord­voer­der, het gis­ter net ge­sê al­le lei­dra­de word op­ge­volg.

Wie­se was vroe­ër on­der meer fi­nan­si­ë­le hoof van Nas­pers en het in 1998 af­ge­tree.

Sy vrou, San­nie, het eer­gis­ter ge­sê sy het on­raad ver­moed toe sy Vry­dag­mid­dag na­dat sy in­ko­pies ge­doen het by die huis aan­kom.

Sy het haar in­ko­pie­sak­ke in die kom­buis neer­ge­sit en die woon­stel­huur­der gaan vra of hy iets weet.

In die kom­buis het sy ’n bril en hor­lo­sie ge­sien wat sy nie her­ken het nie.

Daar het sy ook ge­sien die drank­ka­bi­net is uit­ge­pak en hul stap­rug­sak­ke lê op die vloer.

“Ek het bly roep: ‘E­ric! E­ric!’ ”

Die huur­der het die vei­lig­heid s maat­skap­py ge­bel wat vin­nig ge­re­a­geer en die po­li­sie ge­bel het.

“Wat as hul­le nog in die huis was?” vra sy.

Die vei­lig­heid s maat­skap­py het haar man sel y kel­der­sin die huis aan­ge­tref. San­nie het la­ter bloed op die trap­pe bui­te die huis ge­sien.

Die be­graf­nis re­ë­lings sal in die week be­kend ge­maak word.

E­ric Wie­se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.