Vier in ge­steel­de mo­tor dood­ge­skiet

Beeld - - NUUS - – Ü­gen Vos

Die po­li­sie het die na­week vier men­se ná ’n jaag­tog op die N2noord in Dur­ban dood­ge­skiet en nog een ge­wond.

Die ge­won­de sal ná sy ont­slag uit die hos­pi­taal aan­ge­kla word van on­der meer po­ging tot moord, die be­sit van ver­moe­de­lik ge­steel­de goe­de­re en die be­sit van on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pens en am­mu­ni­sie.

Lt.kol T­hu­la­ni Z­wa­ne, K­waZu­lu-Na­tal­se po­li­sie­woord­voer­der, sê die po­li­sie het in­lig­ting oor ’n be­oog­de roof­tog Sa­ter­dag op­ge­volg.

“Die po­li­sie­be­amp­tes het ’n wit Mer­ce­des-Benz op die N2-noord na­by Ko­nin­gin Nan­di­ry­laan gei­den­ti­fi­seer. Die vyf in­sit­ten­des het op hul­le los­ge­brand en die po­li­sie­voer­tuig van die pad af pro­beer druk. Al­bei voer­tuie het in die baan vir die aan­ko­men­de ver­keer be­land.”

Drie van die in­sit­ten­des is nood­lot­tig ge­wond en nog twee is met be­hulp van ’n po­li­sie­he­li­kop­ter aan­ge­keer.

Een van die ge­won­des is in die hos­pi­taal dood.

Die po­li­sie het be­slag ge­lê op vier on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pens met am­mu­ni­sie, ’n po­li­sie­ra­dio en ge­reed­skap om huis­bra­ke te pleeg.

Die Mer­ce­des-Benz is ver­le­de maand in ’n roof­tog in Sy­den­ham in die stad ge­buit.

Drie po­li­sie­be­amp­tes is be­seer toe hul voer­tuig van die pad ge­dwing is. Hul­le is in die hos­pi­taal be­han­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.