5 in ar­res oor vals krag­koe­pons

Beeld - - NUUS - – Su­san Cil­liers

Vyf mans is in die Vaal­drie­hoek in heg­te­nis ge­neem weens be­weer­de be­drog met voor­af­be­taal­de e­lek­tri­si­teit wat moont­lik e­nor­me ver­lie­se vir E­s­kom sou kon be­te­ken.

B rig. Vishnu Nai­doo, po­li­sie­woord­voer­der, sê’ n span van die na­si­o­na­le on­der­soek­een­heid het Vry­dag ver­skeie hui­se in Van­der­bijl­park, E­va­ton en Boi­pa­tong deur­ge­soek.

“In die eer­ste twee hui­se in Van­der­bijl­park is be­slag ge­lê op toe­rus­ting waar­mee e­lek­tri­si­teit s koe­pons ver­vaar­dig word ,” sê Nai­doo.

Die toe­rus­ting het re­ke­naar­skerms en -toets­bor­de, ek­ster­ne har­de­sky­we, E­s­kom-mo­dems en druk­kers in­ge­sluit.

In een van die hui­se in E­va­ton is be­slag ge­lê op ’n on­ge­li­sen­si­eer­de pis­tool waar­van die reeks­nom­mer af­ge­vyl is en wat pa­tro­ne in die ma­ga­syn het.

Be­slag is ook ge­lê op am­mu­ni­sie vir on­der meer AK47-ge­we­re.

Die pis­tool gaan vir bal­lis­tie­se toet­se ge­stuur word om vas te stel of dit met an­der mis­da­de in die Vaal­drie­hoek ver­bind kan word, sê Nai­doo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.