Hen­gel in Na­mi­bië kos nou veel meer

Beeld - - NUUS - El­sa­bé B­rits

Die Na­mi­bie­se re­ge­ring het die prys van ’n per­mit vir s­port- en ont­span­nings hen­gel van so­wat R 14 tot R 1500( N $1500) per maand op­ge­stoot.

Vol­gens die Na­mi­bie­se koe­rant Ne­wEra was die aan­vank­li­ke be­drag, wat op 46c per dag neer­kom, nie vol­hou­baar nie.

E­nig­ie­mand wat vir ont­span­ning hen­gel, mag net tien vis­se per dag vang.

Ne­wEra be­rig die re­ge­ring het die by­ko­men­de geld no­dig om ma­rie­ne bron­ne vol­hou­baar te be­stuur. Die per­mit­pry­se is die af­ge­lo­pe 16 jaar nie ver­hoog nie. ’n Dag­per­mit kos nou R50. Si­mon M­cGo­wan, ’n toer­gids van Hen­ties­baai wat men­se op vis­vang uit­stap­pies per boot aan die kus neem, sê die be­sluit is son­der kon­sul­ta­sie ge­neem.

“Die re­ge­ring het be­weer el­ke hen­ge­laar vang el­ke dag so­wat N$1 000 se vis. Ek wil dit nog sien. Dit ge­beur een of twee keer per jaar.”

Hy sê Hen­ties­baai, S­wa­kop­mund en Wal­vis­baai maak’ n le­we uit toe­ris meen ont­span­nings hen­gel.

“Men­se kan­sel­leer reeds hul va­kan­sies en die Vis­fees in Hen­ties­baai ein­de van­dees­maand stuur op ’n ver­lies af.

“As toe­ris­te die dor­pe nie meer be­soek nie, sal on­der­ne­mings sluit. Dit sal al­mal raak.

“Die per­mit vir ’n jaar gaan nou R18 000 kos – die duur­ste ter wê­reld.”

M­cGo­wan sê be­jaar­des en be­staans­vis­sers se per­mit­te is gra­tis. Tal­le men­se wil nou eer­der son­der ’n per­mit vang, want die boe­te kos min­der.

And­re S­te­vens van die SuidA­fri­kaan­se strand hen­gel ver­e­ni­gings ê dié or­ga­ni­sa­sie, wat a­ma­teurs ver­teen­woor­dig, stuur twee keer per jaar span­ne na in­ter­na­si­o­na­le kom­pe­ti­sies in Na­mi­bië.

“Ons sal die per­mit van R50 per dag nog kan be­kos­tig, maar sal moet kan­sel­leer teen R1 500 per maand. Dit is ’n heng­se groot slag vir ons. Baie men­se gaan met va­kan­sie soon­toe net om vis te vang.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.