Voy­a­ger­tuie 40 j. ná lan­se­ring nog ak­tief

Beeld - - NUUS - El­sa­bé B­rits

Die Voy­a­ger 1- en -2-ruim­te­tuie is bin­ne­kort 40 jaar lank in die ruim­te en al­bei kom­mu­ni­keer nog met Na­sa.

Dit is die aar­de se oud­ste wer­ken­de ruim­te­tuie wat die ver­ste nog ge­reis het.

Lui­dens ’n Na­sa-ver­kla­ring is Voy­a­ger 1, wat op 5 Sep­tem­ber 1977 ge­lan­seer is, nou by­na 20,9 mil­jard ki­lo­me­ter van die aar­de af.

Hy is lank­al ver­by die son­ne­stel­sel se pla­ne­te en is die e­nig­ste tuig nog wat die in­ter­stel­lê­re ruim­te – die ruim­te tus­sen die ster­re – in­ge­gaan het.

Voy­a­ger 2 is op 20 Au­gus­tus 1977 ge­lan­seer. Al is hy nr. 2, is hy eer­ste ge­lan­seer. Hy is nou al 17,7 mil­jard ki­lo­me­ter van die aar­de.

Oor 40 000 jaar sal Voy­a­ger 1 bin­ne 1,6 lig­jaar ver­by die ster G­lie­se 445 be­weeg, maar teen daar­die tyd sal hy nie meer funk­si­o­neer nie.

Dit sal dan ook die eer­ste keer wees dat hy na­by ’n an­der ster kom.

Voy­a­ger 2 sal oor 40 000 jaar 1,7 lig­jaar ver­by Ross 248 be­weeg.

Dr. E dS to­ne, pro­jek we­ten­skap­li­ke, sê in’ n ver­kla­ring nie­mand het des­tyds ge­dink die tuie sal 40 jaar la­ter nog werk nie.

“Hul­le is kos­mie­se oor­pres­teer­ders dank­sy die ont­wer­pers wat hul­le voor­be­rei het op die be­stra­ling by Ju­pi­ter.”

Die tuie reis teen 48 280 km/h en selfs as hul­le nie meer funk­si­o­neer nie, sal hul­le steeds in ’n wen­tel­baan wees en el­ke 225 mil­joen jaar een wen­tel­baan in die Melk­weg vol­tooi.

Na­sa re­ken die twee tuie sal nog ’n de­ka­de lank da­ta oor in­ter­stel­lê­re ma­te­ri­aal, mag­neet­vel­de en kos­mie­se stra­ling kan te­rug­stuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.