ANC moe­nie nou per­de om­ruil nie

Beeld - - KOMMENTAAR - Jo­hann Maar­man Maar­man is eind­re­dak­teur van Die Bur­ger, sus­ter­koe­rant van Beeld.

Dis nooit ’n goeie stra­te­gie om per­de om te ruil in die mid­del van ’n stroom nie. As dit op die po­li­tiek van toe­pas­sing ge­maak word, sal dit die dom­ste be­sluit van die ANC wees om pres. Ja­cob Zu­ma nou sy af­dan­kings­brie­fie in die hand te stop.

Zu­ma het nog net ’n paar maan­de oor as ANC-lei­er en het reeds aan­ge­dui dat hy hom nie weer as ANC-pre­si­dent be­skik­baar gaan stel nie.

As hy so hard­kop­pig was, kon hy mak­lik weer sy naam in die hoed vir ANC-pre­si­dent ge­gooi het. Hy het die ge­tal­le aan sy kant. En in die ANC gaan dit oor ge­tal­le op grond­vlak.

Die Grond­wet van die land be­perk ’n pre­si­dent tot twee ter­my­ne. ’n T­wee­der­de­meer­der­heid sou be­no­dig word om die Grond­wet te wy­sig. Maar die ANC se grond­wet het geen be­per­king op hoe­veel ter­my­ne sy pre­si­dent kan dien nie.

T­ha­bo M­be­ki het pro­beer om vir ’n der­de ter­myn te be­ding, maar is in Po­lo­kwa­ne ge­stuit, want as hy weer ver­kies sou word, sou dit be­te­ken het dat daar in die ANC twee sen­trums van mag sou wees – een in Lut­hu­li-huis en een in die wes­te­li­ke vleu­el van die U­nie­ge­bou.

Zu­ma word van baie din­ge be­skul­dig – on­der meer dat hy ’n op­ge­bla­se eg­go het, ar­ro­gant is en die kuns van die ver­deel-en-heers-stra­te­gie ver­vol­maak het.

Daar­om is mô­re se mosie van wantroue – of dit nou ’n oop stem­ming of in die ge­heim gaan wees – ’n fu­tie­le oe­fe­ning.

Op sy bes­te is dit maar weer ’n be­mar­kings­foe­fie van die op­po­si­sie­par­tye.

Die op­po­si­sie­par­tye kan mar­sjeer en die stra­te om die par­le­ment an­nek­seer, maar Zu­ma gaan nê­rens heen nie. Dit help nie jy het ge­tal­le in die straat, maar nie in die par­le­ment nie.

Ons moet ver­staan dat Zu­ma nie ’n il­le­gi­tie­me pre­si­dent is nie. Hy is de­mo­kra­ties ver­kies deur die meer­der­heid kie­sers en as ons so hoog op­gee dat die de­mo­kra­sie in stand ge­hou moet word, be­te­ken de­mo­kra­sie dat die meer­der­heid se wen­se ge­re­spek­teer moet word.

As men­se on­te­vre­de is met die re­ge­ren­de par­ty en met Zu­ma, moet hul­le maar ge­dul­dig wees en tot die vol­gen­de ver­kie­sing wag.

Die op­po­si­sie ver­spil ook net waar­de­vol­le tyd met hul ge­sa­nik oor Zu­ma. P­leks hul­le ge­bruik hul e­ner­gie om hul stem-ak­ker te hark en vir die vol­gen­de ver­kie­sing voor te be­rei.

Die EFF en die DA be­hoort ’n in­ven­ta­ris te neem van hoe­kom hul­le nie die meer­der­heids­par­ty in die land is nie.

In die laas­te ver­kie­sing het 11 mil­joen men­se vir die ANC ge­stem en dié kie­sers sal be­sluit of Zu­ma her­roep moet word of nie.

Selfs in die drie­par­ty-al­li­an­sie het die SAKP nou uit sy Rip van Win­kel­slaap wak­ker ge­skrik en is ook nou an­ti-Zu­ma.

Hier­die sjam­pan­je-kom­mu­nis­te het nog nooit in ’n ver­kie­sing op hul eie ge­veg nie en maar nog al­tyd op die ANC se rug ge­ry. Die ANC gaan be­slis nie soos kers­vet smelt as die SAKP hom nie meer steun nie.

Die ANC-LP’s in die par­le­ment weet wie bot­ter op hul brood sit. Dis pry­sens­waar­dig dat daar van hul­le is wat ten guns­te van die mosie van wantroue is.

Dit is de­mo­kra­sie in ak­sie.

Die ANC het ’n groot fla­ter be­gaan deur M­be­ki te her­roep. Hy moe­nie ’n twee­de keer in die­self­de strik trap nie.

Dins­dag­nag gaan Suid-A­fri­ka slaap en as hul­le Woens­dag­og­gend op­staan, gaan Zu­ma steeds die pre­si­dent van Suid-A­fri­ka wees.

Fi­nish en klaar.

)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.