Met som­mi­ge by­na­me gaan jy lang­bo­me toe

Beeld - - KOMMENTAAR - Blou­wil­le­maan­dag

Ek het die laas­te tyd so kruis en dwars deur die land ge­ry dat ek am­per soos Ma­le­ne­ma en sy man­ne en die Black First Land Fir­stou­ens be­gin voel.

Ek suk­kel om grond te vat.

In my om­swer­win­ge ont­moet ek ver­al baie van die jon­ger oud-Ko­v­sies en dan bel ek ná die tyd my kin­ders om te sê dat ou Jan, Koos, Hen­ning, T­hys of Ja­co groe­te stuur.

Dan is daar ge­woon­lik so ’n lang stil­te en dan kom die on­ver­my­de­li­ke vraag: “Het hy nie vir Pa ge­sê wat sy by­naam in die kos­huis was nie?”

En dan bel ek maar weer daai ou­tjie in Jo­han­nes­burg, en as ek dan met die ant­woord by Sus kom, naam­lik Rooi Jan, Or­rel, Ys­ter­muis, Jan Lek­kers, Jan Grap­pies, Troep, Meel­muis of Ko­nyn, dan’s daar ’n gil van her­ken­ning en die be­skul­di­ging: “Hoe­kom het Pa nie van die be­gin af ge­sê dis Ko­nyn nie?!”

On­der die ou­er oud-Ko­v­sies is ’n by­naam soms ’n bie­tjie van ’n tof­fie, want jy bel ’n ou waar­van jy net die by­naam ont­hou en dan hoor jy som­mer so aan die ou se stem, hy wat ’n pi­laar in sy ge­meen­skap is, wil nou nie eint­lik meer ná 30 jaar as Vet­tie, Fie­fie,

Draad­kar of Ghries­pomp aan­ge­spreek word nie.

Maar ge­luk­kig het man­ne soos wy­le

Paal P­re­to­ri­us daai by­naam van hom le­wens­lank met trots ge­dra, want wie sou weet van wie ons praat as ou Paal skie­lik daar by die gholf Koos P­re­to­ri­us sou word?!

So S­kil­lie, Pot, Al­las, Flash, S­hor­tie, Yster­kop, Ou­pa, C­hop­per, Daiz, Pi­lot, Pa­dré, Moe­fie, Zonk, Boer­bok, Beer, S­tom­pie, Bot­ter, Loe­pie, Dier, S­kam­mat, Ka­pous, Tof­fie, Doons, Kop, S­pi­ce, Pok­kels, Dag­ga, Veld­muis, Goofy, Plat­tie, Ka­da­wer en e­ni­ge an­der ou man wat ek dalk oor­ge­slaan het, jul­le gaan een­dag saam met oom Blou lang­bo­me toe, by­na­me en al. Na Pous, Paal, Oor­log, Wors en Die Mens toe.

Dit bring my by ’n an­der ou wie se reg­te naam ek nie eens ken nie, naam­lik ou Toy Dann­hau­ser, wat ver­le­de week ook die 80-myl­paal be­reik het (on­ge­luk­kig nie sy gholf­tel­ling nie, maar sy ou­der­dom).

Toy, wat – as daar in die 1960’s re­ser­wes en plaas­ver­van­gers vir bloei­ers was – se­ker­lik min­stens 20 toet­se vir die Bok­ke sou ge­speel het.

’n Ou ys­ter van ’n slot wat waar­skyn­lik nooit Bok ge­word het nie om­dat geen toer­be­stuur­der ooit kans ge­sien het om met twee kar­nal­lies soos F­rik én Toy ses maan­de lank in Eu­ro­pa te toer en ru­moer nie.

’n Man wat kan sto­ries ver­tel, die ho­tel in Clo­co­lan be­sit het, vir el­ke pro­vin­sie en subu­nie in die land ge­speel het ja­re voor­dat trek­vo­ëls be­ta­ling ge­kry het, wat am­per vir Li­be­ra­ce op sy voor­kop ge­soen het en die land se eer­ste be­roep­spe­ler ge­word het toe hy van klub ver­an­der het om­dat oom Jan Lotz hom met ’n gros le­wen­de hoen­ders om­ge­koop het.

En steeds die e­nig­ste Puk is wat Bloem­fon­tein son­der ’n vi­sum mag be­soek.

Ou Toy, jy mág maar!

’n By­naam is soms ’n bie­tjie van ’n tof­fie, want hy wil nou nie meer as Fie­fie aan­ge­spreek word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.