G­rens tus­sen il­lu­sie en werk­lik­heid ver­vaag

Paai­boe­lie, ’n leg­kaart van ’n ro­man, vra uit­ein­de­lik wat die ge­vol­ge is wan­neer die spo­ke van die ver­le­de en die son­des van die va­ders ons in­haal, skryf Jo­na­than Amid.

Beeld - - BOEKE - Paai­boe­lie C­ha­net­te Paul LAPA, R260

C­ha­net­te Paul is ’n po­pu­lê­re, ge­ves­tig­de skry­wer wat tot dus­ver meer aan­klank by le­sers as by kri­ti­ci kon vind.

’n Fak­tor in hier­die al­ge­he­le wen­ding is waar­skyn­lik die feit dat dié skry­wer van ro­man­se na span­nings­fik­sie oor­ge­ska­kel het, en dat baie van haar meer on­lang­se werk die gren­se tus­sen dié twee gen­res met me­ning uit­daag. Gen­re­fik­sie is im­mer po­pu­lêr om­dat dit in ge­sprek tree met kon­ven­sies of ’n ge­ves­tig­de for­mu­le waar­van die skry­wer dan met ’n graad van durf of ver­sig­tig­heid kan af­wyk.

Le­sers hou van die vei­li­ge ha­we wat gen­re bied, dog is re­sep­ma­tig­heid, voor­spel­baar­heid en ’n ge­brek aan ver­nu­wing die dood­skoot vir fik­sie.

In­te­res­sant ge­noeg is Mar­tin S­teyn ’n klink­kla­re voor­beeld van ’n kri­mi­skry­wer wat met elk van sy drie ro­mans met ’n an­der aan­slag vo­ren­dag ge­kom het – en so­wel re­sen­sen­te as le­sers te­vre­de kon stel – ter­wyl ’n mag­dom le­sers on­kant be­trap is met De­on Mey­er se Koors. Chris Kar­sten se om­ar­ming van ’n baie meer tra­di­si­o­ne­le speur­ver­haal in Dood van ’n goeie

vrou was ’n da­we­ren­de suk­ses, ter­wyl net die tyd sal leer of le­sers die vars, dog ris­kan­te aan­slag van S­chalk S­choom­bie in Rooi ha­ring in die breë le­sers­pu­bliek se smaak sal val.

Die punt is dat stag­ne­ring slegs ver­my kan word deur die kom­bi­na­sie van nu­we bloed (waar­van daar nou jaar­liks baie is) en ge­ves­tig­de skry­wers wat hul hand waag aan nu­we ma­nie­re van ver­tel.

Met hier­die ag­ter­grond is die vraag dan of Paai­boe­lie, die vier­de boek in die so­ge­naam­de Jo­jo Rich­ter-reeks, van li­te­rê­re waar­de ge­skat kan word, en tot wat­ter ma­te die vraag van gen­re­gren­se ter spra­ke is.

Op sto­rie­vlak is Paai­boe­lie een van Paul se sterk­ste ro­mans. Ek het ’n klein ge­meen­skap se broer­tjies dood aan re­sen­sies wat el­le­lan­ge draaie stap met ver­haal­op­som­mings en be­spre­kings van ka­rak­ters en ge­beu­re wat die le­ser self nog nie te­ë­ge­kom het nie.

P­leks daar­van waag ek eer­der dat Paul doel­be­wus kon­ven­sies van die Go­tie­se ro­man­se ver­werk en dit ver­plaas na ’n plaas­li­ke ruim­te.

Wel­kom dan by Cry­stal Crags, ’n land­goed wat by Dui­wel-se-snoet aan weers­kan­te van die pad tus­sen Bien­tangs­baai en Bir­kens­hi­re lê. Bien­tangs­baai is vol­gens die skry­wer in ’n ou­teurs­no­ta nie Her­ma­nus nie, Bir­kens­hi­re is nie S­tan­ford nie. Met klem op plek en ruim­te is die ro­man op sy kop wat be­tref die sin maak van die ver­hou­ding tus­sen mens en na­tuur, en die in­vloed wat ons om­ge­wing op ons psi­ge en ak­sies het.

Met die land­goed as ’n soort mi­kro­kos­mos word dit moont­lik vir die ro­man om ’n ver­skei­den­heid te­ma­tie­se kwes­sies en tyd­ge­bon­de on­se­ker­he­de sin­vol te ont­sluit.

Aan die bod kom on­der meer ras en klas, die be­drei­ging van die An­der in ’n mil­ieu van ont­wor­te­ling, oor­log en mi­gra­sie, die plek van die man en die rol van die S­terk Vrou, teg­no­lo­gie en ‘sur­veil­lan­ce’ en die ont­vlug­ting wat ge­slo­te ge­meen­skap­pe kan bied.

Die Go­tie­se ro­man­se word ge­ken­merk deur die be­lig­ga­ming van vorms van kon­ta­mi­na­sie en grens­oor­skry­ding, die in­vloed van die ver­le­de en die trau­ma van wat was of be­gra­we is wat weer na die op­per­vlak dryf om by ons te spook. Die do­mein van in­ter­per­soon­li­ke ver­hou­dings, en die moont­lik­he­de van ro­man­se en ge­luk tus­sen man en vrou, word te mid­de van groot­skaal­se ver­steu­rings, al­ler­lei ge­hei­me en die mem­braan tus­sen skyn en werk­lik­heid, se­ker­heid en on­se­ker­heid oop­ge­skryf.

Paai­boe­lie kry sy ti­tel met ver­wy­sing na die mis­te­ri­eu­se ver­dwy­ning van ’n jong seun wat oor ’n tyd­perk van se­we jaar by me­nig­te van die ro­man se ka­rak­ters spook.

Ta­na F­rench se Bro­ken Har­bour het tel­ke­ma­le by my op­ge­kom soos ek my ver­diep het in die ro­man se ver­ken­ning van die i­de­aal van ’n lan­de­li­ke Pa­ra­dys – af­ge­son­der van die bui­te­wê­reld, heel­te­mal on­af­hank­lik en toe­ge­rus met al die be­no­digd­he­de van ’n klein ge­meen­skap. Op ’n die­per vlak is daar be­slis fi­lo­so­fie­se on­der­stro­min­ge wat ons al die pad na Se­we dae by die Sil­ber­steins te­rug­neem.

Paul werk spe­si­fiek met die i­dee van die trom­pe le ou­eil, wat ver­taal as ‘fool the eye’, ’n kuns­teg­niek waar die g­rens tus­sen il­lu­sie en werk­lik­heid ver­vaag. Paai­boe­lie vra uit­ein­de­lik, te mid­de van die ple­sie­ri­ge te­rug­keer van die a­ma­teur-speur­der Jo­Jo Rich­ter, ver­skeie ver­tak­kings van die Go­tie­se ro­man­se, en ’n on­ver­wag­se dog heer­lik speel­se in­speel op die rol van die (ont)span­nings­fik­sie­skry­wer, wat die ge­vol­ge is wan­neer die spo­ke van die ver­le­de en die son­des van die va­ders ons in­haal.

Paul was al in die ver­le­de ge­ros­kam in re­sen­sies oor die heb­be­lik­he­de van te veel ka­rak­ters, te veel ver­tel­lers, en die ge­neigd­heid om die le­ser te oor­wel­dig met te veel de­tail en ver­skil­len­de sto­rie­ly­ne. Paai­boe­lie trap nie in hier­die slag­ga­te nie.

Le­sers sal dalk met my saam­stem dat daar steeds oom­blik­ke van oor­dre­we e­mo­sie en me­lo­dra­ma in die ver­tel­ling in­sluip, maar Paul se be­heer oor haar diep mens­li­ke ka­rak­ters en hul be­weeg­re­des be­ïn­druk. Paul is im­mers ’n skry­wer van ka­rak­ter­ge­dre­we ro­mans – in hier­die ge­val lê baie van die ge­not juis om speur­der te speel en jou te ver­kneu­kel in hoe ka­rak­ters in die gro­ter leg­kaart in­pas.

) Jo­na­than Amid is ’n vry­skut­taal­prak­ti­syn en dok­to­ra­le stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Met klem op plek en ruim­te is die ro­man op sy kop wat be­tref die sin maak van die ver­hou­ding tus­sen mens en na­tuur.

Fo­to: CARINE DUPREZ

C­ha­net­te Paul. Paai­boe­lie is een van haar sterk­ste ro­mans.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.