Dié fee­tjie vlieg be­hoor­lik

Beeld - - BOEKE - Fik­sie

Vet fee­tjies vlieg nie K­ris­tel Loots TAFELBERG, R220

K­ris­tel Loots doen dit weer: Sy skryf nóg ’n sap­pi­ge chick lit­ro­man (ro­man­tie­se ko­me­die, as jy wil).

Loots het tyd­skrif­le­sers ja­re lank ver­maak met die kort­ver­ha­le wat sy by die ton­ne ge­skryf het. Toe sy dié gen­re vir ro­mans ver­ruil, was daar geen keer nie. Haar ro­mans het el­ke keer ’n kin­kel: Sy skryf die soort sto­ries wat nie­mand an­ders skryf nie. On­langs was daar ’n An­der vrou se rok (2015): Die hel­din is ’n bot­tel­blon­di­ne wat haar kle­re by lief­da­dig­heids­win­kels koop; haar kê­rel is net haar kê­rel wan­neer hy wíl wees en sy maak skan­des waar sy gaan – nie jou ge­wo­ne lief­des­ver­haal­hel­din nie.

In Die en­gel rook skelm (2014) raak ’n “dom blon­di­ne” ver­lief op ’n Men­sa-lid – ’n re­sep vir groot sports. En in Sus­hi en sjam­pan­je (2013) spog die held met Ein­stein­ha­re en speel hy die mooi­ste fun­ky mu­siek op sy S­tra­di­va­ri­us-vi­ool, maar Jacki sing vrees­lik vals en saam met dié man sal sy nooit die hoog­ste no­te be­reik nie – ’n lek­ker on­paar paar!

In Vet fee­tjies vlieg nie bly Lu­cy Lom­baard in ’n een­vou­di­ge woon­stel in Bel­vil­le wat sy met fee­tjies in el­ke vorm en groot­te ver­sier. Sy werk by die be­las­ting­kan­toor, leef van kits­kos en skryf ’n blog on­der die skuil­naam Fun­ky Fee­tjie. Mo­der­ne vrou of nie: Lu­cy be­geer ’n groot, s­terk, be­trou­ba­re man wat haar be­hoor­lik kan plat­duik. Daar is net een pro­bleem: Lu­cy is vet. Soos in ’n Ru­bens-skil­de­ry.

Haar ma is ’n tert, haar pa kyk te diep in die bot­tel en sy moet ’n nig­gie se troue en dié se ba­ba se doop (haar fa­mi­lie doen din­ge ’n bie­tjie an­ders) in Die Hel by­woon – en sy moet ’n “Plus One” saam­neem. Waar kry sy so ie­mand? Haar brand­ma­er buur­man maak hom gou uit die voe­te. En ’n Tin­der-af­spraak loop op ramp­spoed uit.

In­tus­sen word sy ge­na­der deur Bil­ly Bru­wer, groot­baas van Me­dia U­niek, om ’n ru­briek vir ’n nu­we tyd­skrif te skryf. Bil­ly is ge­bou om te hou, hi­per­aan­trek­lik, ryk, be­dag­saam, in­tel­li­gent. Na­tuur­lik maak hy Lu­cy se knieë lam, maar daar is steeds daar­die een groot pro­bleem: Lu­cy is so viets soos ’n bus.

Vet fee­tjies vlieg nie is vlot ge­skryf, in Loots se ei­e­soor­ti­ge skryf­styl. Die hu­mor lê in die woor­de én al­ler­lei on­ver­wag­se si­tu­a­sies, soos wan­neer Lu­cy in ’n kle­re­win­kel se aan­trek­hok­kie in ’n sexy top­pie ver­stren­gel raak.

Die di­a­loog knet­ter en die ne­we­ka­rak­ters – haar vrien­din Le­ra­to, haar ma, haar ou­ma (van wie ons on­ge­luk­kig te min te sie­ne te kry) – is elk­een ’n lek­ker­te op sy eie. En na­tuur­lik maak die sto­rie ’n in­spi­re­ren­de stel­ling: Vet mei­sies kán, om die En­gel­se spreek­woord te ge­bruik, ha­ve their ca­ke and eat it.

) J.B. Roux is ’n vry­skut­re­sen­sent van Rie­beek-Wes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.