S­terk, voor­tref­li­ke de­buut

Beeld - - BOEKE - Being Ka­ri Qar­ni­ta Lox­ton KWELA, R240

Ka­ri du Toit woon in ’n lief­li­ke huis in Blou­berg­strand saam met haar kat en haar aan­trek­li­ke, suk­ses­vol­le man, maar die kra­ke in hul hu­we­lik skeur oop toe hy op Va­len­tyns­dag be­skon­ke by die huis aan­kom en er­ken dat hy haar met ’n kol­le­ga ver­neuk het.

As jy dink Being Ka­ri klink bloot soos ’n ro­man­se, dan het jy dié boek vlak ge­kyk.

A­sof din­ge nie erg ge­noeg is nie, kry Ka­ri la­ter die aand ’n op­roep van haar ver­vreem­de broer. Daar’s dood in die fa­mi­lie, sê hy, sy moet da­de­lik kom, en dra as­se­blief tog ’n serp.

In die nag ry sy die 35 mi­nu­te na Wal­mer E­sta­te, die plek wat sy ’n de­ka­de laas ge­sien het, en word skie­lik weer Ka­ri­ma Es­sop. Haar skoon­sus, S­hi­reen, moet haar ’n boer­ka leen vir voor en ty­dens die be­graf­nis, want Ka­ri het net ’n wol­serp en die res van haar kle­re is ha­raam.

Voor­dat sy die vol­gen­de dag kan te­rug­keer na E­den on the Bay, trek haar broer D­ha­ny­al haar een­kant toe. Hul ma is be­seer, S­hi­reen is hoog­swan­ger en ie­mand moet na sy twee jong dog­ters help kyk.

D­ha­ny­al is dan dr. Es­sop, baie be­lang­rik en baie be­sig, en hy dring daar­op aan dat Ka­ri­ma te­rug­trek vir vyf of ses we­ke.

Sy stem in, ver­bou­e­reerd en steeds ge­skok.

Haar man, Dirk, werk van Maan­dag tot Vry­dag in Jo­han­nes­burg, en deur die res van die na­week by haar vrien­din Di te bly, kry sy dit reg om hom te ver­my tot­dat sy die Vry­dag in Wal­mer E­sta­te moet aan­meld. Waar sy ter­stond in die moei­lik­heid is, want sy daag ná mid­dag­e­te op. Die Vry­dag­e­te, waar D­ha­ny­al al­tyd ’n groep mans van die mos­kee saam­nooi om te kom eet. Met Ma­ma Es­sop se voet in ’n Moon Boot, het die ar­me S­hi­reen ál die voor­be­rei­dings moes doen. Boon­op is haar eks­ver­loof­de, Ra­fiq, ook daar.

Being Ka­ri gaan oor groot le­wens­ge­beu­re, oor ver­soe­ning en ver­lies, maar ten die­pe gaan dit oor Ka­ri se ver­een­sel­wi­ging met Ka­ri­ma. Die Ka­ri van van­dag, wat ge­troud is met ’n A­fri­ka­ner en in ’n wit voor­stad woon, moet wor­stel met die jong vrou wat sy ag­ter­ge­laat het in ’n buurt waar men­se me­kaar met “sa­laam” groet.

Hier­die ro­man is dalk Qar­ni­ta Lox­ton se de­buut, maar sy han­teer die ver­haal met vaar­dig­heid en be­grip. Haar ka­rak­ters is men­se met kom­plek­si­teit. En dis nie net derms uit­ryg nie — daar is heel­wat hu­mor ook.

Lox­ton se styl is boei­end: As jy die boek eers oop­slaan, is dit mak­lik om dit in ’n aand klaar te lees. Die plaas­li­ke boek­be­dryf be­leef die af­ge­lo­pe paar jaar ’n op­win­den­de op­bloei, en Being Ka­ri is ’n fan­tas­tie­se toe­voe­ging tot die rak­ke.

) Lou­i­se Fer­rei­ra is ’n vry­skut­re­sen­sent en joer­na­lis van Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.