V­reug­de, hart­seer oor twee­ling

Beeld - - NUUS -

Die­re­lief­heb­bers van oor die wê­reld heen het Vry­dag ge­juig toe ’n pan­da-twee­ling laat­aand in ’n die­re­tuin in Frank­ryk ge­bo­re is.

Dit was die eer­ste keer dat pan­das in dié land ge­bo­re word, be­rig Ya­hoo! News.

Kort daar­na was daar ook hart­seer toe die swak­ker pan­da­tjie dood is.

Die pan­da-ba­ba kon nie ge­red word nie, al het C­hi­ne­se ken­ners en vee­art­se on­mid­del­lik in­ge­gryp, skryf die Beau­val-die­re­tuin in Sain­tAig­nan in die sen­tra­le Loi­re­val­lei­streek op sy Fa­ce­book­blad.

Die twee­ling se ma, Hu­an Hu­an, het al haar aan­dag op die ster­ker pan­da­tjie ge­ves­tig en die swak­ker e­ne­tjie ge­ïg­no­reer.

Per­so­neel­le­de van die die­re­tuin het dié da­de­lik in ’n broei­kas ge­sit, maar kon nie daar­in slaag om hom te laat a­sem­haal nie.

Al­mal is eg­ter in hul nop­pies met die oor­le­wen­de pan­da­tjie, met wie dit baie goed gaan.

Hy weeg nog maar ’n ska­me­le 142 gram.

Fo­to’s van die oor­le­wen­de, pienk en haar­lo­se pan­da­beer­tjie op die die­re­tuin se Fa­ce­book-blad is Vry­dag­nag 30 000 keer ge­deel.

Die beer­tjie se naam is Mi­ni Yu­an Zi.

Hy is ge­noem na sy pa, Yu­an Zi.

Die pan­da­tjie sal bin­ne ’n paar jaar C­hi­na toe ge­neem word.

Mi­ni Yu­an Zi se ou­ers, die e­nig­ste reu­se-pan­das in Frank­ryk, is nou in die mid­del van ’n tien­jaar-leen­tyd­perk van C­hi­na.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Mi­ni Yu­an Zi eer­gis­ter in sy ma, Hu­an Hu­an, se bek in die die­re­tuin in Frank­ryk waar hy Vry­dag­nag ge­bo­re is. Die pan­da­beer­tjie se twee­ling­boe­tie, wat swak­ker as hy was, het nie oor­leef nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.