Goeie én sleg­te nuus vir ver­brui­kers in SA

‘Kos­pry­se styg nie som­mer ver­der’

Beeld - - SAKE - Vi­da Booy­sen

Vir vuis­voos ver­brui­kers wie se kos­be­gro­ting tot die ui­ter­ste ge­rek is, is daar goeie én sleg­te nuus.

Die goeie nuus is dat voedselinflasie waar­skyn­lik sy hoog­te­punt be­reik het, en hoe­wel pry­se steeds hoog is, sal dit waar­skyn­lik nie ver­der styg nie. Die sleg­te nuus is dat dít vin­nig kan ver­an­der as die rand skie­lik ver­swak teen­oor die dol­lar – soos wan­neer daar weer ’n groot po­li­tie­ke skok kom.

Die ge­sag­heb­ben­de Bu­ro vir Voed­sel-en-Land­bou­be­leid (BFAP) se jong­ste voor­uit­skou­ing is Vry­dag be­kend ge­maak en een van die hoof­stuk­ke is aan die voor­uit­sig vir voedselinflasie ge­wy.

“Voedselinflasie het ’n di­rek­te im­pak op huis­hou­dings se voed­sel­se­ker­heid, die be­kos­tig­baar­heid van se­ke­re i­tems en uit­ein­de­lik die ge­hal­te en hoe­veel­heid van die voe­ding­stow­we wat in­ge­neem word,” lui die ver­slag.

Tot in die eer­ste kwar­taal van 2017 was plaas­li­ke voed­sel­pry­se steeds hoog weens die droog­te van die vo­ri­ge so­mer­sei­soen. Hier­na het la­er groen­te- en graan­pry­se be­gin deur­sy­fer, vol­gens die BFAP.

Dit was ver­al die pry­se van le­moe­ne, mie­lie­meel, uie, wit­sui­ker, aar­tap­pels, son­ne­blom­o­lie en grond­boon­tjie­bot­ter wat skerp ge­styg het.

Die prys van an­der sta­pel­voed­sel­soor­te, soos brood en dro­ë­bo­ne, het ook nie ag­ter­ge­bly nie en die BFAP se ba­sie­se “be­spa­rings­voed­sel­mand­jie” met 29 i­tems wat ’n min­der wel­va­ren­de huis­hou­ding ge­woon­lik sal koop, het in A­pril van­jaar

R3 461 vir ’n huis­hou­ding van vier be­loop. Na ra­ming sal die­self­de mand­jie kos­pro­duk­te in 2018 waar­skyn­lik R3 616 kos – ’n sty­ging van 4,6% teen­oor die ge­mid­del­de prys van Ja­nu­a­rie tot A­pril van­jaar.

Die ver­slag ver­dui­de­lik dat voed­sel­pry­se in ab­so­lu­te ter­me steeds baie hoog is.

“Lae-in­kom­s­te­huis­hou­dings het nog nie werk­lik ’n da­ling in die prys­vlak­ke on­der­vind nie, maar min­stens styg die pry­se nie so vin­nig soos vroe­ër nie.”

Wat die voor­uit­sig­te tot A­pril 2018 be­tref, meen die BFAP daar is twee fak­to­re in ver­brui­kers se guns wat die sty­ging in kos­pry­se kan demp.

“Die eer­ste is die guns­ti­ge pro­duk­sie­toe­stan­de in die 2016-’17-graan­pro­duk­sie­sei­soen, ter­wyl die twee­de die re­la­tie­we sterk­te van die rand in die eer­ste kwar­taal van 2017 is.”

Daar is eg­ter ook fak­to­re wat kan by­dra om voedselinflasie weer te laat op­skiet.

“Die ver­naam­ste fak­tor is die hui­di­ge di­na­mi­ka in die rooi­vleis­be­dryf – met kud­des wat aan­sien­lik uit­ge­dun is ná die droog­te en dus druk op die voor­raad plaas,” lui die ver­slag.

Daar is tans goeie uit­voer­ge­leent­he­de vir plaas­li­ke rooi­vleis en dít, te­sa­me met die knap voor­raad, kan be­te­ken dat vleis­e­ters in die ko­men­de maan­de duur­der vir hul tjop­pie of bief­stuk sal be­taal.

Die voor­waar­de waar­on­der die in­fla­sie­voor­uit­sig­te sta­biel sal bly in 2018, is dat daar geen skok­ke kom wat die rand teen­oor die dol­lar erg sal laat ver­swak nie.

“Plaas­lik kan die wis­sel­val­li­ge po­li­tie­ke kli­maat ’n aan­sien­li­ke ver­swak­king in die rand ver­oor­saak,” waar­sku die BFAP – maar voeg ook by dat e­ni­ge ver­ho­ging in A­me­ri­kaan­se ren­te­koer­se ook die rand se knieë kan laat knak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.