Vo­ël­griep se im­pak op SA ‘be­perk’

Beeld - - SAKE - Vi­da Booy­sen

Die im­pak van vo­ël­griep op die Suid-A­fri­kaan­se pluim­vee-pro­duk­sie is be­perk en daar is nie ge­vaar vir ver­brui­kers nie.

So sê dr. C­har­lot­te N­ku­na, be­stuurs­lid van die Suid-A­fri­kaan­se Pluim­vee­ver­e­ni­ging (Sa­pa) in re­ak­sie op nuus dat nóg uit­bra­ke van die hoogs aan­steek­li­ke H5N8-vi­rus aan­ge­meld is.

Die mees on­lang­se ge­val was op die pluim­vee­pro­du­sent Astral se Wel­be­dacht-teel­plaas na­by S­tan­der­ton in M­pu­ma­lan­ga.

“Dis be­lang­rik om daar­op te let dat die teel­plaas 48 hoen­dersku­re het waar­van net een deur die uit­bre­king ge­raak is,” sê N­ku­na. Die plaas is af­ge­sper en die pro­vin­si­a­le en na­si­o­na­le de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­rye het be­heer­maat­re­ëls in­ge­stel.

Dit bring die ge­tal uit­bra­ke van die siek­te op kom­mer­si­ë­le hoen­der­pla­se op vyf te staan.

N­ku­na sê Suid-A­fri­ka het in 2016 so­wat ’n mil­jard braai­kui­kens en 8 mil­jard ei­ers deur 24 mil­joen lê­hen­ne ge­pro­du­seer. Die in­kom­ste in dié tyd­perk uit braai­kui­kens was on­ge­veer R37 mil­jard, ter­wyl ei­ers

R10 mil­jard in­ge­bring het.

By­ge­werk­te sy­fers oor die ge­tal hoen­ders wat reeds weens die uit­bre­king van kant ge­maak is, is vol­gens Sa­pa nog nie be­skik­baar nie.

Vol­gens sy­fers wat deur die Ver­e­nig­de Na­sies se Voed­sel- en Land­bou-or­ga­ni­sa­sie uit­ge­reik is, is so­wat ’n mil­joen hoen­ders se­dert die be­gin van die uit­bre­king in so­wel Zim­bab­we as Suid-A­fri­ka van kant ge­maak, ter­wyl Suid-A­fri­ka daag­liks so­wat ’n mil­joen ei­ers op die pla­se wat ge­raak word, ver­nie­tig.

Astral, die land se groot­ste pluim­vee­pro­du­sent, het vroe­ër vol­gens Reuters ge­sê die eer­ste uit­bre­king op sy teel­plaas na­by Vil­liers het die maat­skap­py so­wat R25 mil­joen ge­kos. Hy kan nog nie sê wat die jong­ste uit­bre­king op Wel­be­dacht hom uit die sak sal jaag nie.

Astral het in die ses maan­de tot ein­de Maart van­jaar ’n to­ta­le in­kom­ste van R5,79 mil­jard ge­had, met ’n be­dryfs­wins van R212 mil­joen. In ag ge­no­me dat die vo­ël­griep­kos­te reeds so­wat 11,7% van sy half­jaar­wins in­sluk, kan dié maat­skap­py sleg ge­tref word as hy nog uit­bre­kings moet trot­seer.

Die­re­ge­sond­heids­amp­te­na­re van die VN ver­ga­der tans met plaas­li­ke ge­sond­heids­o­wer­he­de van ver­skeie lan­de in Sui­derA­fri­ka om die bes­te prak­tyk te vind om die hoogs aan­steek­li­ke vi­rus te be­veg.

Dis die eer­ste keer dat SuidA­fri­ka vo­ël­griep on­der sy hoen­ders moet be­veg, hoe­wel dit reeds ver­skeie ke­re in Eu­ro­pa, A­sië en A­me­ri­ka uit­ge­breek het.

Dis nie ’n be­drei­ging vir men­se nie, maar erg aan­steek­lik on­der vo­ëls. “Ver­brui­kers kan ge­rus wees dat die hoen­der­vleis en ei­ers op die win­kel­rak­ke ge­in­spek­teer en ge­ser­ti­fi­seer is as vei­lig om te eet,” sê N­ku­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.