Wet­ge­wing nog vol ga­te

Klag­tes ge­hoor oor wy­si­gings

Beeld - - SAKE - Fran­cois Wil­li­ams

Wi­ki­pe­dia mag ’n fo­to van die Voor­trek­ker­mo­nu­ment of die R­ho­des-ge­denk­te­ken teen die han­ge van Tafelberg op sy web­werf ge­bruik, maar nie van e­ni­ge on­lang­se o­pen­ba­re kuns­wer­ke of mo­nu­men­te wat die stryd teen a­part­heid ge­denk nie.

Doug­las S­cott, hoof van Wi­ki­me­dia Suid-A­fri­ka, ’n plaas­li­ke in­stel­ling wat die re­dak­teurs ver­teen­woor­dig wat by­dra­es le­wer tot dié gra­tis in­ter­na­si­o­na­le aanlyn en­si­klo­pe­die, het aan die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee oor han­del en ny­wer­heid ge­sê daar is nog ’n grys ge­bied in hui­di­ge wet­ge­wing oor kopiereg wat dié kwes­sie be­tref en dat ’n klou­su­le oor so­ge­naam­de vry­heid van pa­no­ra­ma in die Wy­si­gings­wets­ont­werp op Kopiereg in­ge­sluit moet word.

S­cott sê Wi­ki­pe­dia mag in­ge­vol­ge hui­di­ge wet­ge­wing nie fo­to’s neem en op sy web­werf laai van o­pen­ba­re mo­nu­men­te of ge­boue waar­van die skep­per nog nie 50 jaar dood is nie. Dit skep die ab­sur­de si­tu­a­sie dat Wi­ki­pe­dia regs­teg­nies nie ’n fo­to van Nel­son Man­de­la se bors­beeld voor die par­le­ment mag ge­bruik nie, maar wel ’n fo­to van genl. Lou­is Bo­tha op sy perd voor die par­le­ments­hek­ke of genl. Jan S­muts se beeld aan die on­der­kant van Kom­pan­jie­slaan. Hy sê die op­los­sing is om ’n spe­si­fie­ke uit­son­de­ring te maak vir o­pen­ba­re mo­nu­men­te of ’n bil­li­ke ge­bruiks­reg.

Wi­ki­pe­dia was maar een van tal­le in­stel­lings wat ver­le­de week in ’n o­pen­ba­re sit­ting oor die wy­si­gings­wets­ont­werp ge­kla het.

) ’n Ly­wi­ge span van Mul­tiC­hoi­ce en M-Net, met ’n pro­ku­reur van Werks­mans in­kluis, het ge­vra die wet­ge­wing moet meer doen in die stryd teen roof­kyk en moe­nie nie die skep van plaas­li­ke in­houd ont­moe­dig nie.

Mul­tiC­hoi­ce sê die skep van plaas­li­ke in­houd is kom­pleks en hy glo die een wat die ri­si­ko dra en die skep van plaas­li­ke in­houd fi­nan­sier, moet die kopiereg hê.

Die uit­saai­be­dryf is eg­ter ont­wrig deur in­ter­net­diens­te, soos Netflix, A­ma­zon P­ri­me, as­ook YouTu­be.

In­ter­na­si­o­na­le rol­spe­lers ding nou met plaas­li­ke uit­saai­ers mee om ge­ho­re en in­kom­ste, maar eers­ge­noem­de dra niks by tot die skep van plaas­li­ke in­houd nie.

Mul­tiC­hoi­ce vrees die ko­pie­reg­wy­si­gings kan uit­saai­ers se po­si­sie ver­swak as dit nie be­leg­gings in plaas­li­ke in­houd aan­spoor en buig­saam­heid bied om kopiereg op ver­skeie plat­forms te ge­bruik nie.

Mul­tiC­hoi­ce meen die wet­ge­wing is plek-plek vaag en on­dui­de­lik. Boon­op gee dit die mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie die mag om tei­kens vir plaas­li­ke mu­siek­in­houd te stel. Art. 192 van die Grond­wet gee slegs die O­n­af­hank­li­ke Kom­mu­ni­ka­sie­o­wer­heid van Suid-A­fri­ka die reg om die uit­saai­we­se te re­gu­leer.

Mul­tiC­hoi­ce wil hê dié deel van die wets­ont­werp moet ge­skrap word, want dit strook nie met die Grond­wet nie.

Hy meen die wets­ont­werp meng in met kon­trak­voor­waar­des wat uit­saai­ers ver­hin­der om guns­ti­ge kon­trak­te met skry­wers en kuns­te­naars te be­klink.

) Die Uit­ge­wers­ver­e­ni­ging van Suid-A­fri­ka het ver­le­de week aan­ge­voer die wet­ge­wing sal ’n ne­ga­tie­we im­pak op die be­dryf hê, want dit laat die vrye ko­pi­ë­ring van a­ka­de­mie­se boe­ke vir stu­den­te toe. Waar ko­pie­reg­hou­ers van op­voed­kun­di­ge hand­boe­ke voor­heen be­taal moes word vir ko­pieë, maak die wets­wy­si­gings nou ’n uit­son­de­ring en sal u­ni­ver­si­tei­te nie hoef te be­taal as hand­boe­ke of groot de­le daar­van vir stu­den­te ge­ko­pi­eer word nie.

Die uit­ge­wers het die ou­dit­groep PwC ’n stu­die laat doen wat wys die ge­vol­ge van dié wy­si­gings kan die uit­ge­wers­be­dryf se ver­ko­pe met 33% af­druk en dit kan so­wat 1 250 men­se hul werk kos.

M­pu­ka Ra­din­ki, di­rek­teur van die ver­e­ni­ging, sê die nu­we re­ël dat die staat die kopiereg kry op al­le boe­ke wat met staats­geld ge­skep is, moet ge­skrap word.

Fo­to: FRAN­COIS WIL­LI­AMS

Die bors­beeld van Nel­son Man­de­la voor die par­le­ment is Don­der­dag met ’n iP­ho­ne af­ge­neem. Maar vol­gens Wi­ki­pe­dia SA is die ge­bruik van dié fo­to ’n grys ge­bied in die hui­di­ge wet­ge­wing oor kopiereg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.