Bois­haai skit­ter soos di­a­man­te, sê brei­er

Beeld - - SPORT - Fran­cois de Wet

Di­a­man­te wat on­der groot druk ge­skep is – dít is hoe Se­an Eras­mus, af­rig­ter van die Ho­ër Jon­gen­skool Paarl se eer­ste rug­by­span, Sa­ter­dag se in­ter­sko­le­oor­win­ning oor Paarl Gim­na­si­um be­skryf.

Bois­haai het Gim­mies in ’n se­nu­ter­gen­de stryd in die Paarl met 18-13 ge­klop.

Die ver­de­di­gen­de in­ter­sko­le­kam­pi­oen het met al­le mag en wils­krag vas­ge­byt om sy aarts­vy­and vir ’n der­de op­een­vol­gen­de jaar te klop.

Dit is ook die eer­ste keer se­dert die se­ge­tog van 1993 tot 1995 dat Bois­haai Gim­mies drie op­een­vol­gen­de ja­re kon oor­heers.

Bois­haai bly dus op koers om sy bes­te se­ge­tog van vier op­een­vol­gen­de oor­win­nings (1923 tot 1926 en 1950 tot 1953) te e­we­naar wan­neer die span­ne me­kaar weer in 2018 pak.

Re­kords is eg­ter nie iets waar­oor Eras­mus veel ge­pla is nie. Vir hom gaan dit oor die voort­set­ting van ’n ge­son­de rug­by­kul­tuur se­dert hy vier jaar ge­le­de van G­len­wood High S­chool in K­waZu­lu-Na­tal na die Paarl ver­huis het.

“Soos ons ver­wag het, was dit som­mer baie taai en ek is net baie trots op die seuns dat hul­le kalm­te ge­toon het,” sê Eras­mus.

“Ons het op ’n span­ver­ga­de­ring ge­praat oor hoe steen­kool wat on­der groot druk ge­plaas word in di­a­man­te om­ge­skep word. Daar was e­nor­me druk op die span in ’n sei­soen waar­in ons 19 wed­stry­de ge­speel het.”

Of­skoon hy baie bly oor sy span se oor­win­ning is, weet Eras­mus hoe erg dit vir Gim­mies se eer­ste­span­spe­lers moet wees om in hul laas­te wed­stryd te ver­loor.

“Ek het ná die eind­fluit­jie oor­ge­stap na Mul­ler du P­les­sis (Gim­mies-kap­tein) en ge­sê in só ’n wed­stryd is dit nie lek­ker om ’n ver­loor­der te hê nie.”

Hy sê Gim­mies is ’n span van ge­hal­te en Bois­haai het groot re­spek vir hul­le. Dit was ’n spe­si­a­le dag vir al­bei sko­le.

Vir Gim­mies se brei­er en di­rek­teur van rug­by, Pie­ter Ros­souw, en sy hulp­af­rig­ters lê daar in 2018 groot be­plan­nings­werk voor om Bois­haai se oor­heer­sing te be­ëin­dig.

“Ons het goeie rug­by ge­speel. Ek dink ons was lang tye die be­ter span, maar ons kon net nie ons ge­leent­he­de ge­bruik nie en aan die ein­de het dit teen ons ge­tel,” sê Ros­souw.

“Vir ons is dit maar al­tyd ’n uit­da­ging, want ons het net 500 seuns op skool en ons is taam­lik be­perk en koop nie so baie soos van die an­der ho­ër­sko­le nie. Ons pro­beer die spe­lers maar met af­rig­ting na die vol­gen­de vlak neem, so ons is meest­al af­hank­lik van wat ons in­kry.

“Dit is baie te­leur­stel­lend om te ver­loor, ver­al as daar ’n ge­voel is dat ons die be­ter span was.”

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Bois­haai se Lou­wan Horn (links) pro­beer sy kap­tein, T­haak­ir A­bra­hams, on­der­steun ter­wyl Gim­mies se Cor­né Uys (mid­del ag­ter) en Mul­ler du P­les­sis (ag­ter links) bal­be­sit om­keer in Sa­ter­dag se in­ter­sko­le­rug­by­wed­stryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.