Dié span­ne kan die reeks wen

VIRSEKERBEKER: Kwart­eind­stry­de Sa­ter­dag be­slis

Beeld - - SPORT - Ti­nus van S­ta­den

Die rol­spe­lers is be­kend en die ver­hoog is ge­reed vir die kwart­eind­stry­de in die on­der­skeie li­gas in die Virsekerbeker-sko­le­rug­by­toer­nooi.

Sa­ter­dag het die Ho­ër­skool Kemp­ton Park en die Ho­ër­skool Cen­tu­ri­on hul­le by die an­der ses aan­spraak­ma­kers op die be­ker in die ma­kro­sko­le-li­ga aan­ge­sluit.

In ’n na­el­byt­stryd het die Kemp­ton Park die Ho­ër­skool El­do­rai­gne met 20-19 in P­re­to­ria ge­klop. Kem­pies sal nou die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, Ho­ër­skool Gars­fon­tein, in die kwart­eind­stryd pak.

In die an­der uit­speel­stryd om ’n plek in die kwart­eind­ron­de wat Sa­ter­dag plaas­ge­vind het, het Cen­tu­ri­on die Ho­ër­skool Ma­rais Vil­joen met 22-12 ge­klop.

Cen­tu­ri­on sal teen die Ho­ër­skool Dr. EG Jan­sen in die kwart­eind­ron­de speel.

In die an­der twee kwart­eind­stry­de speel die Ho­ër­skool Nel­spruit teen die Ho­ër­skool Men­lo­park en die Ho­ër­skool Mo­nu­ment teen die HTS Mid­del­burg.

Mon­nas is be­slis die vroeë guns­te­ling om die be­ker te wen, ver­al om­dat ver­skeie van sy spe­lers die Goue Leeus se Cra­ven­week-span ge­help het om as die nie­amp­te­li­ke kam­pi­oen van dié sko­le­toer­nooi ge­kroon te word.

Gar­sies sal eg­ter al­les in sy ver­moë doen om sy ti­tel te ver­de­dig.

Daar­by het Nel­spruit se R­hi­nos tot nou toe ’n goeie sei­soen be­leef. Hul­le het ’n s­terk span van die Help­me­kaar Kol­le­ge van Jo­han­nes­burg vroe­ër van­jaar op die St. John’s-Paas­toer­nooi ge­klop.

) Help­me­kaar is juis die groot guns­te­ling in die li­ga vir groot sko­le.

Hel­pies het die na­week sy plek in die kwart­eind­ron­de be­spreek deur die Lui­perds-streek se kam­pi­oen, die Ho­ër­skool Lich­ten­burg, met 89-28 in ’n uit­speel­stryd te klop.

Help­me­kaar speel die na­week in die kwart­eind­ron­de teen die Ho­ër­skool Dr. Ma­lan.

Die Pot­chef­stroom Gim­na­si­um speel teen die Ho­ër­skool Se­cun­da in die kwart­eind­ron­de na­dat Gim­mies die na­week die Ho­ër­skool Ben Vor­ster met 45-27 in ’n uit­speel­stryd ge­klop het.

Die Ho­ër­skool Trans­va­lia het die Ho­ër­skool Tui­ne met 82-0 ver­mor­sel om ’n plek in die kwart­eind­ron­de teen die Ho­ër­skool Di­na­mi­ka.

In die laas­te kwart­eind­stryd speel die Ho­ër­skool Oos-Moot teen die Ho­ër­skool F­rik­kie Mey­er.

F­rik­kie Mey­er het sy plek in die kwart­eind­ron­de die na­week met ’n klin­ken­de se­ge van 60-15 teen die Ho­ër­skool Er­me­lo ver­se­ker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.