‘Ho­pe­lik het ons steeds in­spi­reer’

Beeld - - SPORT - Chris­to Bu­ch­ner

Ja­co K­riel moes Sa­ter­dag­aand die tra­ne te­rug­dwing na­dat sy trop Leeus nie daar­in kon slaag om in die Su­per-eind­stryd op ’n wen­noot van hul hoof­af­rig­ter, Jo­han Ac­ker­mann, af­skeid te neem nie.

K­riel het er­ken die Leeus, wat met 25-17 ge­klop is in die eind­stryd op El­lis­park in Jo­han­nes­burg, was des­pe­raat om vir Ac­ker­mann die tro­fee as af­skeids­ge­skenk te gee.

“My e­mo­sies is op die oom­blik ’n groot war­boel. Ek voel eint­lik half deur­me­kaar en dit is ’n baie moei­li­ke tyd vir my,” het K­riel ná die wed­stryd ge­sê.

“Co­ach Ackies was soos ’n pa vir my. Hy is my men­tor en een van die won­der­lik­ste af­rig­ters met wie ek nog in my le­we te doen ge­kry het.

“Hy het my so­veel ge­leer en ek weet dit is die­self­de met al die ou­ens. Ons gaan eg­ter nie nou hart­seer wees daar­oor nie, maar sal saam met hom vier om dit ’n spe­si­a­le aand te maak, al het ons nie die tro­fee om­hoog ge­hou nie,” het K­riel ge­sê.

“Al het ons nie ge­wen nie, glo ek steeds dat ons men­se van­dag op ’n ma­nier kon in­spi­reer.

“Ons het al­les in hier­die eind­stryd ge­gee, maar dit was net nie goed ge­noeg nie. Die rooi­kaart wat ons net voor rus­tyd ge­kry het, was baie moei­lik.

“Ge­luk­kig het dit so na­by aan rus­tyd ge­beur en kon ons din­ge net daar­na in die kleed­ka­mer be­spreek en so ’n bie­tjie tot ver­haal pro­beer kom.

“Ek het vir die ou­ens ge­sê dat ons met een spe­ler min­der al­mal ’n bie­tjie har­der sal moet werk. Met daar­die twee drieë het ons s­terk te­rug­ge­kom in die twee­de helf­te, maar weens ’n kom­bi­na­sie van hul­le (die Cru­sa­ders) se baie goeie ver­de­di­ging en ons fou­te was dit net nie goed ge­noeg nie,” gee K­riel toe.

“Dit is al moei­lik ge­noeg om met 15 spe­lers teen ’n puik span soos die Cru­sa­ders te speel, wat nog om lan­ger as 40 mi­nu­te met net 14 spe­lers teen hul­le te staan te kom.

“Ons voel al­mal baie jam­mer vir K­wag­ga (S­mith, wat met die rooi­kaart ge­straf is) en weet dit is ge­wis nie met op­set ge­doen nie,” sê K­riel.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Leeus­kap­tein Ja­co K­riel pro­beer die Cru­sa­ders se Se­ta Ta­ma­ni­va­lu stuit in die Su­per­rug­by­eind­stryd. K­riel was baie e­mo­si­o­neel ná sy span se ne­der­laag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.