Nol­lis glim­lag oor Bul­se­ge

Beeld - - SPORT - Co­bus Claas­sen Doel­skop:

Baie be­moe­di­gend, maar steeds te veel fou­te en “sag­te oom­blik­ke”.

Nol­lis Ma­rais, hoof­af­rig­ter van die Blou Bul­le, het sy span se Cur­rie­be­ker-se­ge van 54-22 oor die Goue Leeus op Lof­tus Vers­feld só op­ge­som.

Die Lig­blou­es het Sa­ter­dag­aand vroeg ’n ge­rief­li­ke voor­sprong van 21-0 be­werk­stel­lig, maar twee geel­kaar­te het hul­le mo­men­tum ge­breek.

Die Leeus het dié voor­deel be­nut en die tel­bord kort voor rus­tyd na 2115 laat aan­rol.

In die twee­de helf­te was daar net een span op die veld en die Bul­le het hul twee­de ag­ter­een­vol­gen­de bo­nus­punt-se­ge be­klink. Hul­le het in die pro­ses agt keer gaan druk.

“Ek is heel te­vre­de. Ons aan­val­len­de spel is werk­lik iets wat my op­ge­won­de maak, maar ons kort ’n gro­ter ba­lans.

“Toe ons 21-0 voor was, moes ons nie toe­ge­laat het dat hul­le kan te­rug­kom nie. Top­span­ne gee nooit skiet wan­neer hul­le ’n teen­stan­der teen die toue het nie.”

Die Bul­le en die C­hee­tahs is ná twee ron­des die e­nig­ste on­oor­won­ne span­ne in die reeks.

Ma­rais sê die vol­gen­de week gaan ’n steil bult wees. Die Haaie lê Woens­dag be­soek af op Lof­tus, waar­na die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie Sa­ter­dag in Kaap­stad die stryd aan­ge­sê word.

“Ons sal ge­toets word. Die Haaie se ver­de­di­ging is so­ver baie goed en hul­le lyk ge­dug.”

Daar was nie min­der nie as se­we o.21-spe­lers in die Bul­le se 22-tal en Ma­rais gaan nou boon­op ’n nu­we heel­ag­ter moet ont­bied na­dat War­rick Ge­lant in die S­pring­bok-groep in­ge­sluit is.

“Dit is die groot uit­da­ging. Daar het die af­ge­lo­pe twee we­ke 14 spe­lers hul bui­ging ge­maak.”

) Piet van Zyl, Ru­ben van Heer­den, To­ny Jan­tjies, Bur­ger O­den­daal, War­rick Ge­lant, Tra­vis Is­mai­el, Pier­re S­choe­man, Boom Prins­loo. Jan­tjies (5), Ti­nus de Beer, JT Jack­son. Aphi­we Dy­an­tyi (2), Andrew Beer­win­kel, S­tok­kies Ha­ne­kom.

S­haun Reynolds.

Pun­te­ma­kers: Blou Bul­le 54 (28). Drieë:

Doel­skop­pe:

Goue Leeus 22 (15). Drieë:

Fo­to: GALLO IMAGES

Tra­vis Is­mai­el duik oor die doel­lyn vir een sy van span se agt drieë teen die Goue Leeus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.