Vier jaar van v­reug­de

AC­KERS KYK TROTS TE­RUG OP . . . Loe­sing werp nie ska­du oor sy tyd

Beeld - - SPORT - Chris­to Bu­ch­ner

“Ek neem nou af­skeid van ’n baie spe­si­a­le klomp men­se wat ’n groot rol ge­speel het om my le­we te ver­ryk,” het Jo­han Ac­ker­mann Sa­ter­dag­aand ge­sê na­dat die vler­ke ge­knip is van wat ver­on­der­stel was om ’n spro­kies­ein­de vir sy tyd­perk aan die stuur van die Leeus se rug­by­span moes wees.

Die Cru­sa­ders was die par­ty­tjie­be­der­wers deur die Leeus in die Su­per-eind­stryd op El­lis­park in Jo­han­nes­burg met 25-17 te klop na­dat hul­le rus­tyd reeds met 15-3 voor was.

Al het din­ge nie uit­ge­werk soos hy dit sou wou hê nie en moes die Leeus die twee­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar strooi­jon­ker eer­der as brui­de­gom in die eind­stryd speel, het Ac­ker­mann dit dui­de­lik ge­maak dat hier­die een ne­der­laag nie ’n don­ker ska­du oor sy “won­der­li­ke tyd­perk” by die Leeus gaan gooi nie.

“Een wed­stryd be­paal nie my suk­ses oor die af­ge­lo­pe vier jaar met hier­die span nie. Ek voel ons moet op daar­die tyd­perk be­oor­deel word en nie net wat van­dag (Sa­ter­dag) ge­beur het nie,” het Ac­ker­mann ge­sê.

“Ons voel nou die pyn, maar een ne­der­laag ver­an­der niks aan hier­die span se ka­rak­ter nie,” sê hy.

“Hier­die uit­slag is wel baie te­leur­stel­lend en my hart is seer, maar ek is nog­tans baie trots op my spe­lers en op hoe hul­le met een spe­ler min­der end­uit bly veg het.

“Dit som die span se ka­rak­ter op. Ek is on­ein­dig lief vir hier­die span. Dit is vir my baie e­mo­si­o­neel om te weet dit is nou ver­by en dat ons paaie gaan skei,” het Ac­ker­mann ge­sê.

“Ek moet nou weg­stap van ’n baie spe­si­a­le groep men­se. Ek het ge­suk­kel met my e­mo­sies en het meer tra­ne ge­stort as wat ek ge­dink het ek sou,” het hy er­ken.

Reeds toe die spe­lers by die sta­di­on aan­ge­kom het en Ac­ker­mann deur ’n see van on­der­steu­ners in rooi toe­ge­juig is, het hy die tra­ne van sy wan­ge af­ge­vee ter­wyl hy na die kleed­ka­mer ge­stap het.

In rus­tyd, net na­dat K­wag­ga S­mith ’n rooi­kaart ge­kry het en daar ’n ag­ter­stand van 3-15 was, het hy sy spe­lers ge­vra om nie moed op te gee nie en aan te hou veg.

“Dit het won­de­re ver­rig. Wie weet wat kon ge­beur het as die wed­stryd nog ’n bie­tjie lan­ger kon aan­hou en ons net so­veel spe­lers as hul­le op die veld ge­had het.

“Hul­le (die Cru­sa­ders) het moeg ge­lyk en as ons net die bal meer kon vas­hou, kon din­ge dalk an­ders ge­ëin­dig het,” sê hy.

“Tog het ons uit­ein­de­lik net te laat die soort spel ge­speel wat ons kan.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Jo­han Ac­ker­mann sê sy hart is seer ná Sa­ter­dag se ne­der­laag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.